Iwanofka (Russies: Ивановка) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Iwanowo-Nikolajefka Plaaslike Munisipaliteit wat nog een kleiner nedersetting, Nikolajefka, insluit. Dit lê op die regteroewer van die klein Jenotajefkarivier.
Die dorpie is in 1786 deur Iwan Kisjenski, 'n grondeienaar van Penza, gestig.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Iwanofka 731 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast