Nikolajefka (Russies: Николаевка) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Iwanowo-Nikolajefka Plaaslike Munisipaliteit. Dit lê op die regteroewer van die klein Jenotajefkarivier 1 kilometer suid van die munisipaliteit se setel, Iwanofka.
Nikolajefka is in 1833 deur Iwan Kisjenski, 'n grondeienaar van Penza, gestig. Die dorpie se naam kom van die Russiese voornaam Nikolai.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Nikolajefka 418 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast