Zamjani (Russies: Замьяны) is 'n dorpie in Astrachan-oblast, Rusland en die mees suidelike nedersetting van die oblast se Jenotajefka-rajon. Dit is die setel van die gelyknamige Zamjani Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner dorpies, Nowostroi en Pribrezjni, insluit. Dit lê op die regteroewer van die Wolgarivier 65 kilometer suidoos van die rajon se setel, Jenotajefka.

Die dorpie is in 1764 deur die Kosakse setlaars gestig en het oorspronklik die naam Zamjanskaja gekry.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Zamjani 1 494 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast