Gratsji (Russies: Грачи) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel en die enigste nedersetting van die gelyknamige Gratsji Plaaslike Munisipaliteit en lê op die regteroewer van die klein Gratsjofkarivier.

Die dorpie is in 1764 gestig deur die Kosakse setlaars en het oorspronklik die naam Gratsjofskaja gekry, 'n byvoeglike vorm van die Russiese woord vir "roek".

Demografie Volgens Sensus 2010 het Gratsji 635 inwoners gehad. Etniese Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Russe 399 62,8% Koreane 52 8,2% Dargine 44 6,9% Kasakke 43 6,8% Tsjetsjniërs 36 5,7% Kalmikiërs 28 4,4% Aware 10 1,6% Tartare 4 0,6% Oesbeke 4 0,6% Tsjoewasjiërs 4 0,6% Onbekend 11 1,7% Totaal 635 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast