Lenino (Russies: Ленино) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Taboen-Aral Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings, Blosjnoi, Promislowi en Taboen-Aral, insluit. Dit lê op die regteroewer van die klein Jenotajefkarivier.

Die dorpie is in die 19de eeu deur die Kalmikiese setlaars gestig en het oorspronklik die naam Tjoemenefka gekry.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Lenino 895 inwoners gehad. Etniese Kasakke en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast