Wolzjski (Russies: Волжский) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit is die setel van die Srednewolzje Plaaslike Munisipaliteit wat nog drie kleiner nedersettings, Bereogowoi, Iki-Tsjibirski en Seroglazka, insluit. Soos baie ander dorpies in Jenotajefka-rajon, lê Wolzjski op die regteroewer can die Wolgarivier.
Die dorpie is in die 1910's gestig en het oorspronklik die naam Sjambai gerry. Sy huidige naam is die Russiese byvoeglike vorm van die naam van die nabygeleë Wolgarivier.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Wolzjski 1 771 inwoners gehad. Etniese Kasakke vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast