Pribrezjni (Russies: Прибрежный) is 'n dorpie in Jenotajefka-rajon van Astrachan-oblast, Rusland. Dit behoort tot die Zamjani Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee groter nedersettings insluit, en is een van net twee dorpies in die rajon wat op die linkeroewer van die Wolgarivier lê.
Die dorpie se naam is 'n Russiese byvoeglike naamwoord wat van die woord vir "oewer" kom.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Pribrezjni 107 inwoners gehad. Etniese Tsjetsjniërs en Russe vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Tsjetsjniërs 42 39,3 % Russe 40 37,4 % Kasakke 25 23,4 % Totaal 107 100 %
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Astrachan-oblast