Dzjalikowo (Russies: Джалыково) is 'n dorpie in Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Dzjalikowo Plaaslike Munisipaliteit wat tot Lagan-rajon behoort en nog een kleiner nedersetting, Boerannoje, insluit. Dit lê op die klein Tsaptameer naby die Kaspiese See en die grens met Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland.

Geskiedenis Die dorpie is in die 19de eeu gestig deur die etnies Russiese vissers uit die Wolga-rivierdelta in die huidige Astrachan-oblast. Dit het oorspronklik die naam Michailofskoje of Michailofka gekry wat van die Russiese weergawe van die eerstenaam Michael kom. Dit is later na Dzjalikowo hernoem ter ere van Chochol Dzjalikof wat van 1927 tot 1934 die hoof van die Sentrale Komitee van die plaaslike tak van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie was.

Die Galsang-choeroel op Dzjalikowo is die eerste Boeddhistiese tempel wat in Kalmikië gebou is ná die ontbinding van die Sowjetunie. In 1992 het Tenzin Gyatso, die 14de Dalai Lama, Dzjalikowo se choeroel besoek.

Demografie Volgens Sensus 2010 het Dzjalikowo 1 071 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.

Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 923 86,18% Russe 95 8,87% Kasakke 38 3,55% Oekraïners 6 0,56% Aware 3 0,28% Belarusse 3 0,28% Koreane 3 0,28% Totaal 1 071 100%

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Kalmikië