Lagan (Russies en Kalmikies: Лагань) is een van die drie stede in die Republiek van Kalmikië, Rusland. Dit is die enigste nedersetting van die gelyknamige Lagan Stedelike Munisipaliteit en die setel van Lagan-rajon wat nog vyf kleiner dorpies insluit. Dit lê op die klein Laganmeer wat met die nabygeleë Kaspiese See met 'n kanaal verbind is.
Lagan is in die 1850's gestig deur etnies Russiese vissers gestig.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Lagan 14 323 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 7 188 50,2% Russe 5 468 38,2% Kasakke 1 124 7,9% Tartare 195 1,4% Onbekend en ander groepe 348 2,3% Totaal 14 323 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië