Boerannoje (Russies: Буранное) is 'n dorpie in Lagan-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit behoort tot die Dzjalikowo Plaaslike Munisipaliteit wat nog een groter nedersetting, Dzjalikowo, insluit. Dit lê by die Metsjetni Proran-baai van die Kaspiese See naby die grens met Astrachan-oblast, 'n ander federale deelgebied van Rusland. Die dorpie se naam kom van die Russiese woord vir "blizzard".
Demografie Volgens Sensus 2010 het Boerannoje 321 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 317 98,8% Russe 4 1,2% Totaal 321 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië