Michail Kirokosian (Russies: Михаил Кирокосьян, gebore 17 Julie 1959 in Astrachan) is 'n Russiese geskiedkundige en aardrykskundige van Armeense afkoms. Hy werk as navorser by die akademiese tak van die Astrachanse Kunsgallery en is die hoofadviseur vir die regering van die Astrachan Stedelike Munisipaliteit op die gebied van onderwys. Sedert 1996 is hy 'n lid van die Russiese Geografiese Vereniging.

Publikasies Onder Kirokosian se bekendste werke is die eerste ensiklopedie van Astrachan-oblast se toponieme en die grootste woordeboek van die Astrachan-dialek van Russies wat hy saam met 'n ander geskiedkundige, Gennadi Losef, geskryf het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Russiese geskiedkundiges