Sergei Skisof (Russies: Сергей Скисов, 1959 – 2016) was 'n Sowjetse en Russiese argeoloog, digter en musikant van Astrachan.

Publikasies As 'n argeoloog het Skisof die geskiedenis van die Goue Horde en sy spore in die huidige Astrachan-oblast nagevors en verskeie akademiese artikels oor die numismatiek van dié Middeleeuse khanaat gepubliseer. Alhoewel navorsing sy hoofberoep was en poësie en musiek net sy stokperdjies, is baie van Skisof se liedjies welbekend onder die inwoners van Astrachan. Sommige van sy liedjies, soos Хаджи-Тархань ("Chadzji-Tarchan") en Над дворцами Сарая ("Bo die Sarai-paleise"), is informele volksliedere van die stad genoem. Die eerste versameling van Skisof se gedigte en liedjies is ná sy dood as 'n boek gepubliseer deur sy weduwee Olga Markowa.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Argeoloë Kategorie:Mense van Astrachan Kategorie:Russiese digters Kategorie:Russiese musici Kategorie:Russiese geskiedkundiges Kategorie:Geboortes in 1959 Kategorie:Sterftes in 2016