Joesta (Russies: Юста, Kalmikies: Үстә) is 'n dorpie in Joesta-rajon van Kalmikië, Rusland. Dit is die setel van die gelyknamige Joesta Plaaslike Munisipaliteit wat nog twee kleiner nedersettings, Beloöziorski en Oktjabrski, insluit.
Demografie Volgens Sensus 2010 het Joesta 662 inwoners gehad. Etniese Kalmikiërs vorm die meerderheid van die dorpie se bevolking.
Etniese groepeSensus 2010Persentasie Kalmikiërs 380 57,4% Kasakke 187 28,2% Russe 73 11% Koemikke 8 1,2% Kabardine 4 0,6% Erzjas en Moksjas 4 0,6% Azerbeidjanners 3 0,5% Georgiërs 3 0,5% Totaal 662 100%
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Kalmikië