Muraltia bolusii is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap van Kleinmond tot Hermanus voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 97 km². Daar is vyf subpopulasies wat deur indringerplante, ontwikkeling aan die kus, ontginning van sand en gewasverbouing bedreig word. Die spesie is ook deel van die fynbos.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika