Muraltia knysnaensis is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die kus laaglande tussen Mosselbaai en die Keurboomsrivier voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 2 046 km² en is ook deel van die fynbos. Daar is drie gefragmenteerde subpopulasies oor nadat die spesie groot gedeeltes van sy habitat afgestaan het aan kus ontwikkeling rondom Knysna en Plettenbergbaai, die aanplanting van plantasies en landbou aktiwiteite. Die oorblywende populasie word bedreig deur onder andere indringerplante.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika