Muraltia bondii is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Anysberg-natuurreservaat voor. Daar is slegs een populasies in die resevaat en die plant kom dus in 'n beskermde omgewing voor, tog word die plant as krities seldsaam beskou. Die spesie is ook deel van die fynbos en groei op bergkruine van 1400-1600 m.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika