Muraltia hirsuta is 'n struik wat deel is van die Polygalaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap in die Hemel-en-Aarde-vallei en Houwhoek voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 150 km² en is ook deel van die fynbos. Daar is drie subpopulasies bekend en dit word bedreig deur indringerplante en die aanplanting van wingerde in die Hemel-en-Aarde-vallei en by Shaw se pas. Plante in die Kogelberg-natuurreservaat word bedreig deur te veel veldbrande.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Muraltia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika