Die Olimpiese Winterspele 1960 (Engels: 1960 Winter Olympics), amptelik bekend as die VIIIste Olimpiese Winterspele, is tussen 18 en 28 Februarie 1960 in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die ander kandidaatstede was Innsbruck, St. Moritz en Garmisch-Partenkirchen.
duimnael|links|upright|Teken met die Olimpiese sporte buite die Olimpiese dorpie by Squaw Valley Toe daar in 1955 besluit is om die Spele in Squaw Valley te hou, het die "dorp" slegs een inwoner, die organiseerder van die Spele, Alexander Cushing, gehad. Na die toewysing aan hierdie ski-oord, moes bouwerk teen 'n versnelde tempo plaasvind om die nodige geriewe betyds daar te stel. Die Olimpiese Somerspele 1960 is in Rome, Italië, aangebied.
Die Spele was die eerste Winterspele waaraan Suid-Afrika deelgeneem het, maar Suid-Afrika kon geen medaljes verower nie. Dit was ook die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die Apartheidsbeleid. Die volgende Winterspele waaraan Suid-Afrika deelneem is 34 jaar later in 1994.
Toewysing Squaw Valley is op 16 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1960. Ander kandidate was: Innsbruck, Garmisch-Partenkirchen en St. Moritz. Innsbruck sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Winterspele 1964 word.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1960 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Squaw Valley 30 32 Innsbruck 24 30 Garmisch-Partenkirchen 5 — St. Moritz 3 —
Sporte 4 Olimpiese sporte in 8 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Februarie 196018Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Fr27Sa28SoWedstryde Seremonies OS SS20px Alpeski111111620px Heg-en-steg-ski111111620px Noorse kombinasie1120px Skansspring1120px Kunsskaats111320px Langbaanskaats11111111820px Tweekamp1120px Yshokkie● ● ● ● ● ● ● ● ● 11Totaal 0 2 3 3 3 4 2 2 4 2 2 27Kumulatief 0 2 5 8 11 15 17 19 23 25 27 27
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van medaljes volgens lande: vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1960 deelgeneem het nie. Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 62 7 5 9 21 2 (GER) 74 4 3 1 8 3 (USA) 79 3 4 3 10 4 (NOR) 29 3 3 0 6 5 (SWE) 47 3 2 2 7 6 (FIN) 48 2 3 3 8 7 (CAN) 44 2 1 1 4 8 (SUI) 21 2 0 0 2 9 (AUT) 26 1 2 3 6 10 (FRA) 26 1 0 2 3 11 (NED) 7 0 1 1 2 (POL) 13 0 1 1 2 13 (TCH) 21 0 1 0 1 14 (ITA) 28 0 0 1 1 Totaal (14 NOKs) 525 28 26 27 81
Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Squaw Valley 1960 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Kategorie:Kalifornië 1960 1960 Kategorie:Sport in 1960