Die Olimpiese Winterspele 1948 (Duits: Olympische Winterspiele 1948, Frans: Les Ves Jeux olympiques d'hiver, Italiaans: V Giochi olimpici invernali, Romansch: Gieus olimpics d'enviern 1948), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele, is tussen 30 Januarie en 8 Februarie 1948 in St. Moritz, Switserland, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad was Lake Placid, Verenigde State, waar die Spele in 1932 plaasgevind het.

duimnael|links|Die Skispring-skans in St. Moritz Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Winterspele van 1936 in Garmisch-Partenkirchen asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Winterspele 1928 wat in die Switserse stad gehou is. Die Olimpiese Somerspele 1948 is in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied.

Duitsland en Japan is deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na St. Moritz te stuur nie.

Sporte 4 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde ● Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

Januarie 1948Februarie 194830Vr31Sa1So2Ma3Di4Wo5Do6Vr7Sa8SoGouemedaljes Seremonies OS SS 20px Bobslee ● ●220px Skeleton●120px Alpeski● ● ● ●● ●620px Heg-en-steg-ski●●●320px Noorse kombinasie ●120px Skansspring●120px Kunsskaats  ●●●320px Langbaanskaats●●●●420px Yshokkie         ●1Totaal 0 3 1 6 3 0 3 2 2 2 22Kumulatief 0 3 4 10 13 13 16 18 20 22

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1948: Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (NOR) 49 4 3 3 10 (SWE) 43 4 3 3 10 3 (SUI) 70 3 4 3 10 4 (USA) 69 3 4 2 9 5 (FRA) 36 2 1 2 5 6 (CAN) 28 2 0 1 3 7 (AUT) 54 1 3 4 8 8 (FIN) 24 1 3 2 6 9 (BEL) 11 1 1 0 2 10 (ITA) 54 1 0 0 1 11 (HUN) 22 0 1 0 1 (TCH) 47 0 1 0 1 13 (GBR) 55 0 0 2 2 Totaal (13 NOKs) 565 22 24 22 68

Sien ook Olimpiese Winterspele 1928 in St. Moritz

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

St. Moritz 1948 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Switserland 1948 1948 Kategorie:Sport in 1948 Kategorie:St. Moritz