Die Olimpiese Winterspele 1932 (Engels: 1932 Winter Olympics), amptelik bekend as die IIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1932 in die Adirondack-gebergte by Lake Placid in die deelstaat New York in die Verenigde State gehou. Die ander kandidaatstede was: Bear Mountain, Yosemite Valley, Lake Tahoe, Duluth, Minneapolis, Denver (almal in die Verenigde State) en Montreal (Kanada). Die Spele is deur die destydse goewerneur van New York, Franklin D. Roosevelt, geopen, wat nege maande later tot die 32ste President van die Verenigde State verkies is. In 1932 het die Verenigde State ook die Olimpiese Somerspele aangebied, in Los Angeles.
Sporte 4 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.
Deelnemende nasies duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1932 Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Getal medaljes duimnael|'n WPA-plakkaat wat die bobslee-lopie adverteer duimnael|'n Amerikaanse posseël ter geleentheid van die Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (USA) 64 6 4 2 12 2 (NOR) 19 3 4 3 10 3 (SWE) 12 1 2 0 3 4 (CAN) 42 1 1 5 7 5 (FIN) 7 1 1 1 3 6 (AUT) 7 1 1 0 2 7 (FRA) 8 1 0 0 1 8 (SUI) 7 0 1 0 1 9 (GER) 20 0 0 2 2 10 (HUN) 4 0 0 1 1 Totaal (10 NOKs) 190 14 14 14 42
Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Lake Placid 1932 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Kategorie:Lake Placid 1932 1932 Kategorie:Sport in 1932