duimnael|Die Suid-Afrikaners Len Tau (links) en Jan Mashiani tydens die Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis duimnael|Die Suid-Afrikaanse Rudolph Lewis tydens die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm duimnael|Die Suid-Afrikaner Bevil Rudd tydens die Olimpiese Somerspele 1920 in Antwerpen duimnael|Die Suid-Afrikaner Marjorie Clark tydens die Olimpiese Somerspele 1928 in Los Angeles duimnael|Die Suid-Afrikaner Esther Brand tydens die Olimpiese Somerspele 1952 Helsinki duimnael|Die Suid-Afrikaner Gordon Day tydens die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome duimnael|Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Somerspele 1992 in Barcelona duimnael|Die Suid-Afrikaanse vlag tydens die Olimpiese Winterspele 1994 in Lillehammer duimnael|Die Suid-Afrikaanse hokkiespan tydens die Olimpiese Somerspele 2008 in Beijing duimnael|Die Suid-Afrikaanse span tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2010 in Toronto duimnael|Wayde van Niekerk as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro
Suid-Afrika is een van die lande wat aan die Olimpiese Spele deelneem. Suid-Afrika stuur vir die eerste keer 'n span na die Somerspele van 1904. 56 jaar later, in 1960, stuur hulle hul eerste span na die Winterspele.
In 2024 neem Suid-Afrika vir die 21ste keer aan die Somerspele deel, terwyl hulle nog net aan 7 Winterspele deelgeneem het. Die land het nog nooit 'n medalje op 'n Winterspele gewen nie. In totaal het Suid-Afrika al 89 medaljes verower, waarvan die meeste in atletiek, boks en swem.
Medaljes by die Somerspele St. Louis 1904 Suid-Afrika 8 0 0 0 0 Londen 1908 14 1 1 0 2 Stockholm 1912 21 4 2 0 6 Antwerpen 1920 39 3 4 3 10 Parys 1924 30 1 1 1 3 Amsterdam 1928 24 1 0 2 3 Los Angeles 1932 12 2 0 3 5 Berlyn 1936 32 0 1 0 1 Londen 1948 35 2 1 1 4 Helsinki 1952 64 2 4 4 10 Melbourne 1956 50 0 0 4 4 Rome 1960 55 0 1 2 3 Tokio 1964 nie deelgeneem nie, opgeskort weens Apartheid Meksikostad 1968 München 1972 Montreal 1976 Moskou 1980 Los Angeles 1984 Seoul 1988 Barcelona 1992 93 0 2 0 2 Atlanta 1996 84 3 1 1 5 Sydney 2000 127 0 2 3 5 Athene 2004 106 1 3 2 6 Beijing 2008 136 0 1 0 1 Londen 2012 125 4 1 1 6 Rio de Janeiro 2016 138 2 6 2 10 Tokio 2020 177 1 2 0 3 Parys 2024 toekomstige gebeurtenis Los Angeles 2028 Brisbane 2032 Algeheel 1370 27 33 29 89
Medaljes volgens sport Atletiek 239 9 13 6 28 Swem 124 7 7 6 20 Boks 75 6 4 9 19 Tennis 34 3 2 1 6 Fietsry 76 1 4 3 8 Roei 73 1 1 1 3 Skyfskiet 41 0 1 0 1 Branderplankry 1 0 1 0 1 Kanovaart 34 0 0 1 1 Rugby 25 0 0 1 1 Driekamp 17 0 0 1 1 Algeheel 1370 27 33 29 89
Goue Medaljes Tot in 1960, toe Suid-Afrika voor sy verbanning weens Apartheid vir die laaste keer aan Olimpiese Spele deelgeneem het, het sestien Springboksportsterre in vyf sportsoorte goue medaljes gewen. Sedert Suid-Afrika se hertoelating in 1992 het etlike verdere goue medaljes gevolg
Sport Land Goue Medalje Spele en plek 20x20px Atletiek Suid-Afrika Reginald Walker Olimpiese Somerspele 1908 – Londen, Verenigde Koninkryk Kenneth McArthur Olimpiese Somerspele 1912 – Stockholm, Swede Bevil Rudd Olimpiese Somerspele 1920 – Antwerpen, België Syd Atkinson Olimpiese Somerspele 1928 – Amsterdam, Nederland Esther Brand Olimpiese Somerspele 1952 – Helsinki, Finland Wayde van Niekerk Olimpiese Somerspele 2016 – Rio de Janeiro, Brasilië Caster Semenya Olimpiese Somerspele 2016 – Rio de Janeiro, Brasilië 20x20px Boks Clarence Walker Olimpiese Somerspele 1920 – Antwerpen, België Willie Smith Olimpiese Somerspele 1924 – Parys, Frankryk Laurie Stevens Olimpiese Somerspele 1932 – Los Angeles, Verenigde State Dave Carstens Olimpiese Somerspele 1932 – Los Angeles, Verenigde State Gerald Dreyer Olimpiese Somerspele 1948 – Londen, Verenigde Koninkryk George Hunter Olimpiese Somerspele 1948 – Londen, Verenigde Koninkryk 20x20px Fietsry Rudolph Lewis Olimpiese Somerspele 1912 – Stockholm, Swede 20x20px Roei Matthew Brittain, Sizwe Ndlovu, John Smith en James Thompson Olimpiese Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk 20x20px Swem Joan Harrison Olimpiese Somerspele 1952 – Helsinki, Finland Penny Heyns Olimpiese Somerspele 1996 – Atlanta, Verenigde State Ryk Neethling, Roland Schoeman, Lyndon Ferns en Darian Townsend Olimpiese Somerspele 2004 – Athene, Griekeland Cameron van der Burgh Olimpiese Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk Chad le Clos Olimpiese Somerspele 2012 – Londen, Verenigde Koninkryk Tatjana Schoenmaker Olimpiese Somerspele 2020 – Tokio, Japan 20x20px Tennis Charles Winslow Olimpiese Somerspele 1912 – Stockholm, Swede H. A. Kitson Olimpiese Somerspele 1912 – Stockholm, Swede Louis Raymond Olimpiese Somerspele 1920 – Antwerpen, België
Olimpiese roem Reggie Walker het Suid-Afrika se Olimpiese deelname op 'n glorieryke manier ingewy deur die 100 m te wen. Dit was 'n nuwe Olimpiese rekord toe hy die wenpaal na 10,8 s bereik het. Vir die eerste keer is die belangrike Olimpiese naelloop deur 'n atleet van buite die Verenigde State van Amerika gewen. Ook was dit die eerste keer dat 'n Olimpiese goue medalje teen 'n Springbokwapen gepryk het.
Kenneth McArthur het ook 'n nuwe Olimpiese rekord in die maraton opgestel. Die konstabel van Krugersdorp het die goue medalje voor sy spanmaat Christopher Gitsham, 'n mynwerker van Germiston ingepalm. Dit was 'n trotse dag vir Suid-Afrika met 1ste en 2de plek in die item.
Bevil Rudd het by die Olimpiese Somerspele van 1920 in Antwerpen drie medaljes verwerf. Sy uitsonderlike driekuns het goud in die 400 m naelloop, silwer in die 4 x 400m-aflos en ' n brons in die 800 m ingesluit.
Esther Brand se Olimpiese oorwinning is een van die grootste vertonings ooit deur 'n Suid-Afrikaanse sportvrou. Sy het Suid-Afrika se goue medalje-verhaal op 'n hoë noot afgesluit voor wêreldpolitiek die land se deelname beperk het aan die Olimpiese Spele van 1964 tot 1988. Daar was nie 'n goue medalje wenner in 1960 in Rome, by Suid-Afrika se laaste Olimpiese deelname tot 1992 nie.
Sien ook Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee
Verwysings
Bronnelys Kennis, vol 2, bl. 322-323,
Eksterne skakels
Kategorie:Olimpiese Spele Olimpiese Spele Olimpiese Spele