Wilna Snyman (gebore 14 September 1935 in Kimberley) is ’n Suid-Afrikaanse aktrise en skryfster. Ná haar stryd teen borskanker tree sy ook gereeld op as motiveringspreker vir KANSA en ander organisasies. In 2006 publiseer sy haar outobiografie, genaamd Memoires.
In 1984 ontvang Snyman die Erepenning vir Verhoogkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns terwyl Eghard van der Hoven in dieselfde jaar die Erepenning vir Toneelbevordering ontvang.
Snyman woon tans in 'n aftreeoord in Hermanus.
Filmografie 1970: Hulda Versteegh MD, as dr. Hulda Versteegh 1972: Salomien 1976: Daar kom tant Alie (Fliek), as Elise le Grange 1976: Liefste Madelein, as Madelein 1976: Siener in die suburbs, as Ma 1977: Netnou hoor die kinders 1978: 'n Seder val in Waterkloof, as Sally 1984: Torn Allegiance, as Mev. Potgieter 1987: Liewe Hemel, Genis!, as Aletta 1989: Brutal Glory, as Ruth Selby 1993: Death in the Family, as Magdalene du Plessis 2000: 7de Laan, as Madel Terreblanche 2011: Hartland, as Ouma
Toekennings 1984 Erepenning vir Verhoogkuns 2001 Nasionale Televisie en Video Assosiasie (NTVA) se Avanti-toekenning vir beste aktrise
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises Snyman, Wilna Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 21ste eeu Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers