regs|duimnael|Oorstapsaal (Salle de correspondance) in die Saint-Lazarestasie duimnael|regs|'n Eienaardigheid van die Paryse Metro, die kruising van Rue de Lagny op straatvlak, in die 20ste arrondissement, ter wille van toegang tot onderhoudwerkswinkels.

Die Paryse Metro (Frans: Métro de Paris) is 'n openbare vervoerstelsel wat die Franse hoofstad, Parys, en die omliggende stedelike gebied bedien. Dit bestaan uit 16 lyne wat hoofsaaklik ondergronds loop en altesaam 214 kilometer lank is.Statistiques STIF rapport 2005 + Olympiades + Les Courtilles Dié moltreinstelsel, wat 'n simbool van Parys geword het, word gekenmerk deur die digtheid van sy netwerk in die middestad van Parys en sy homogene argitektoniese styl wat sterk deur die Art Nouveau-beweging beïnvloed is.

Die eerste spoorlyn van die Paryse Metro is tydens die aanloop tot die Wêreldtentoonstelling van 1900 opgerig. Dit is 'n paar maande na die aanvang van die tentoonstelling ingehuldig. Die netwerk is daarna tot met die Tweede Wêreldoorlog vinnig in die middestad van Parys uitgebrei. Na 'n tussenpose tydens die décennies voitures (motordekades) (1950–1970), is verskeie bestaande lyne verleng tot die nabygeleë banlieue (woonbuurte). Dié keuse het die ontwerp met sy geringe afstand tussen stasies en verminderde kapasiteit van die waens beïnvloed en dit beperk vandag die uitbreiding van die netwerk. Die Paryse metro het intussen aan die einde van die 20ste eeu 'n nuwe lyn wat geheel en al geoutomatiseer is ingewy, lyn 14, veral bedoel om die druk op lyn A van die RER te verlig.

Die metro vervoer vandag ongeveer 4,9 miljoen passasiers per dag (1,409 miljard per jaar in 2006). Dit bedien 300 stasies (384 haltes), waarvan 62 oorstap (correspondance) na ander stasies moontlik maak. Die Paryse Metro is in terme van aantal passasiers die vierde grootste ná dié van Moskou (2,5 miljard), Tokio en Meksiko, en sewende in terme van die lengte daarvan ná New York, Londen, Madrid, Seoel, Tokio en Moskou (maar in die 1ste plek as die RER-lyne ingesluit word) en in derde plek in terme van aantal stasies ná New York (468 stasies) en Seoel.Site metro bits

Die werking van die Paryse Metro word verseker deur die RATP. Die instelling bestuur ook 'n gedeelte van die RER, die busdiens van Parys en die nabygeleë woonbuurte, asook drie van die vier tremlyne in Île-de-France (T1, T2 en T3). Die bedryfs- en beleggingsbegroting van die Paryse metro word deur STIF bepaal wat vir die strategie vir die ontwikkeling van vervoer in die Île-de-France verantwoordelik is en vir finansiering sorg.

Dienste in Parys en sy woonbuurte word ook verseker deur ander stedelike vervoermiddels: die RER (451 miljoen passasiers in 2006 op die RER RATP-netwerk), die Transilien (voorstedelike spoorweg 655 miljoen passasiers insluitend die netwerk van RER SNCF), 4 trems (64 miljoen passasiers), die busdiens (997 miljoen passasiers in 2006) asook 2 VAL-lyne wat 'n plaaslike diens aan die lughawens bied asook die Funiculaire de Montmartre, 'n kabeltrein onder beheer van RATP wat passasiers teen Montmartre op en af vervoer. Meer onlangs is die ambisieuse Vélib (vélo libre of vélo liberté gratis of vrye fiets)-program in 2007 geloods – 'n openbare fietsprogram wat 20 000 fietse by 1450 geoutomatiseerde huurstasies beskikbaar stel.

Die netwerk duimnael|links|Die spoorlyne van die Paryse Metro duimnael|links|Geografies akkuraat kaart van die Paryse Metro in 2011

Die Paryse Metro is bedink om 'n hoë gehalte diens in die middestad van Parys te bied: die stasies in Parys is baie naby mekaar – gemiddeld 548 m, maar so min as 424 m op lyn 4Jean Tricoire, Un siècle de métro en 14 lignes, p. 188 en meer as 1 km op lyn 14Jean Tricoire, op. cit., p. 330 – wat 'n digte rooster in die Paryse middestad verskaf. Die nabygeleë woonbuurte word deur die verlenging van die lyne bedien en noodsaak besoek aan die middestad van Parys om van een woonbuurt na die ander te reis. Die lae spoed waarteen die metro loop maak dit onprakties om die grande couronne (die afgeleë woonbuurte en voorstede van Parys) te bedien.

Die Paryse metro is hoofsaaklik ondergronds (197 km uit 214): die bogrondse gedeeltes bestaan uit dele van die oorbrug in die middestad van Parys (lyn 1, 2, 5 en lyn 6) en op die oppervlak in die woonbuurte (lyne 1, 5, 8 en 13). Die tonnels van die Paryse Metro is naby die oppervlak as gevolg van die aard van die Paryse bodem wat baie homogeen is en nie die bou van baie diep tonnels toelaat nie; daar is 'n aantal uitsonderings wat deur die reliëf bepaal word (Butte Montmartre, Ménilmontant). As gevolg van die geringe diepte moet die tonnels die straatasse volg: dit volg gereeld kronkelende paaie; die spesifikasies vir die metro wat in 1900 gevestig is bepaal 'n minimum krommingstraal van 75 m, wat baie laag is vir 'n spoorlyn en wat nie orals toegepas is nie (Bastille, Notre Dame de Lorette, …).

duimnael|Bogrondse stasie Jaurès (lyn 2) Die twee metrospoorlyne wat verkeer in teenoorgestelde rigtings dra, loop, waar hulle ondergronds is, byna altyd in 'n enkele tonnel. Treine loop aan die regterkant soos in meeste ander Franse metro's en trems (maar anders as wat prakties is vir SNCF-treine). Die ander eienskap wat standaard is in die vervoerstelsel is die spoorwydte van 1,435 m (standaardwydte). Elektriese toevoer word deur 'n derde spoor verskaf en die elektriese spanning is 750 volt gelykstroom.

Die omgrensingsprofiel of gabariet van die treine van die Paryse metro is betreklik nou (2,40 meter wyd), in vergelyking met ander metro's (Lyon se metro: 2,80 m) met 'n kapasiteit van tussen 600 en 700 passasiers per trein vir lyne 1, 4 en 14, in vergelyking met 2600 passasiers in die treine van MI 2N van RER A. Anders as die netwerk van die New Yorkse moltrein en dié van Londen het al die lyne dieselfde gabariet. Een van die spesifikasies van die Paryse Metro is die gebruik van bandemetro op vyf van die lyne: hierdie tegniek wat in die 1950's deur RATP ontwikkel is, is na sekere ander netwerke uitgevoer (Montréal, Meksiko, Santiago). Dus het die lyne 1, 4, 6, 11 en 14 spesiale toerusting wat dit vir bandemetro's moontlik maak om die lyne te gebruik. Die aantal waens wat 'n trein opmaak wissel volgens die lyne tussen 3 en 6 waens, waarvan die mees algemene aantal 5 is maar wat tot 8 vermeerder kan word met die verlenging van lyn 14. Treine op dieselfde lyn het egter altyd dieselfde aantal waens.

Slegs lyne 7 en 13 beskik oor twee takke met verskillende eindpunte.

Treine bedien alle stasies behalwe dié wat gesluit is vir herstelwerk of in aanbou is as deel van die metrovernuwingsprogram.

  Lyn Roete In gebruikgestel Lengte in km (en surface) Aantalstasies Rames(en pointe) Miljoen passasiers(2004)   1 La Défense ↔ Château de Vincennes1900 (0,6)2545   2 Porte Dauphine ↔ Nation1900 (2,2)2539   3 Pont de Levallois ↔ Gallieni1904 2540   3 Gambetta ↔ Porte des Lilas1921 44 cf ligne 3   4 Porte de Clignancourt ↔ Porte d’Orléans1908 2640   5 Bobigny – Pablo Picasso ↔ Place d’Italie1906 (2,5)2245   6 Charles de Gaulle — Étoile ↔ Nation1907 (6,1)2837   7 La Courneuve ↔ Villejuif/ Mairie d’Ivry1910 3860   7 Louis Blanc ↔ Pré Saint-Gervais1911 86 cf ligne 7   8 Balard ↔ Créteil — Préfecture1913 (2,8)3750   9 Pont de Sèvres ↔ Mairie de Montreuil1922 3757   10 Pont de Saint-Cloud ↔ Gare d’Austerlitz1913 2322   11 Châtelet ↔ Mairie des Lilas1935 1320   12 Porte de la Chapelle ↔ Mairie d’Issy1910 2837   13 Les Courtilles / Saint-Denis — Université↔ Châtillon — Montrouge1911 (2,4)3050   14 Saint-Lazare ↔ Olympiades1998 918

Die stasies duimnael|Concordestasie (op lyn 1) het 'n metaalafwerking.

Die stasies van die Paryse metro is tipies ondergronds en bestaan uit twee spore begrens deur twee platforms wat elk vier meter wyd is (daar is 'n paar uitsonderings as gevolg van die wydte van die straat bo die lyn). Sowat vyftig stasies wyk van die ontwerp af: dit sluit in die ou terminusstasies wat bestaan uit twee spore met 'n sentrale platform (Porte Dauphinestasie), asook algemeen 3 spore met twee platforms (Porte d’Orléans) en soms vier spore (Château de Vincennes). Daar bestaan ook stasies met slegs een spoor, óf omdat hulle deur 'n pied-droit gesny word om die terrein beter te ondersteun (Saint-Georges), óf op 'n lus (Église d'Auteuil). Daar is ook sekere stasies wat nie volgens die bestaande reëls gebou is nie (Cluny – la Sorbonne). Die lengte van die stasies, wat in 1900 op 75 meter gestel is, is later tot 90 meter verleng op besige lyne (lyne 1, 3, 7, 8, 9) met sekere stasies wat 105 meter lank is. Die stasies is oor die algemeen gewelf maar waar die oppervlak te naby is vervang 'n metaalvloer die gewelf (Concordestasie op lyn 1). Die stasies van die ou netwerk Nord-Sud word gekenmerk deur 'n gewelf hoër as wat noodsaaklik is vir die gebruik van oorhoofse lyne wat verwyder is nadat die Nord-Sud deur die CMP oorgeneem is.

Die stasies op die oorbrug, wat almal in die vroeë jare gebou is, bestaan uit die spore wat deur 'n markies beskerm word (lyn 2) of deur 'n glasdak (verrière) (lyn 6). Lyn 14, die nuutste lyn, word onderskei van ander lyne met sy stasies wat 120 meter lank is en sy hoë plafonne, asook deur platforms met groter wydte as dié van ander stasies. As gevolg van veranderings in die netwerk bestaan daar 'n aantal "spookstasies"wat nie meer deur die metro bedien word nie.

Ontwerp van die stasies Die stasies van die Paryse Metro word gekenmerk deur 'n eenvormige styl wat die resultaat is van estetiese keuses wat in 1900 gemaak is. Daar is oor die algemeen getrou gebly aan die gees daarvan in die ontwerp van moderne stasies en onlangse renovasies. Die mure en gewelf van die stasies is bedek in klein wit vierkantige teëls wat gekies is omdat hulle 'n oplossing gebied het vir die beperkte ligtegnologie aan die begin van die 20ste eeu. Die mure van die stasies is van die begin af as advertensiemedium gebruik. Die plakkate is omraam deur kleurvolle teëls met die afkorting van die operateur (CMP ou Nord Sud) daarbo. Die naam van die stasie is in wit op 'n blou vlak geskryf behalwe vir die Nord Sud-lyne wat in wit teëls op 'n blou teëlbasis geskryf is.

Die stasies van die ou Nord-Sud-lyne word onderskei deur die aanwysings en deur die meer gedetailleerde versiering. duimnael|École Militaire met sy geboë mure (Lyn 8)

Die aanvanklike keuse van die dekor is nie bevraagteken nie tot aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Na die oorlog het die algemene beskikbaarheid van buisligte die agteruitgang van die teëls duidelik gemaak. Om weg te beweeg van die eenvormige wit teëls en om die adverstensies beter te vertoon het die RATP tussen 1948 en 1967 'n standaard carrossage in plek gestel en sekere stasies in ander kleure uitgevoer: 73 van die stasies het die nuwe versiering gekry. Die carrossage is later deur 'n meer onlangse versiering in die helfte van die stasies vervang.

Die carrossage het aan die einde van die 1960's uit die mode geraak. 'n Twintigtal stasies is volgens 'n nuwe ontwerp versier: die wit teëls langs die platforms is tot op 'n hoogte van 2 meter met gekleurde teëls vervang met 2 ton nie-afgeskuinste teëls : dié "Mouton"-styl (Mouton-Duvernetstasie). Hierdie versiering, wat die stasies verdonker, kom nie in baie stasies voor nie.

Vanaf 1975 het RATP besluit om die wit teëls te beklemtoon en eerder aanpassings te doen aan die beligting en die sleutelkleure wat verskaf word deur die lampskerms en meubels. Verskeie style het op mekaar gevolg: die "Motte"-styl (caisson d’éclairage parallélépipédique) "Ouï Dire" met caissons in uitdagende vorm uit aluminium, gegolfde neonligte (néons à vagues) en nuwe neonligte. duimnael|Arts et Métiersstasie (lyn 11)

Sekere stasies het besondere detail en oorspronklike dekor: Die Louvre-Rivolistasie (lyn 1) bevat kopieë van die hoofuitstallings van die Louvremuseum wat vertoon word in beligte nisse van die stasiemure.