Hestrie Cloete-Storbeck OIS (Germiston, 26 Augustus 1978) is 'n Suid-Afrikaanse atleet en een van die beste vroulike hoogspringers nog.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Haar persoonlike beste hoogte (2,06 m) is ’n Suid-Afrikaanse rekord. Sy het 'n silwermedalje op beide die Olimpiese Spele van 2000 in Sydney en 2004 in Athene verower. Sy is ook twee keer as wêreldkampioen in hoogspring bekroon, in 2001 in Edmonton en in 2003 in Parys (goue medaljes). Anders as wat 'n mens van topatlete sou verwag, het sy gerook en graag wegneemetes genuttig. In 2005 is sy met die Afrikaanse sanger Jurie Els getroud. Hulle het in 2007 na Nieu-Seeland verhuis.News24: I'm 100% behind Jurie - Hestrie , 2008-04-24
Lewensloop Hestrie Cloete is op 26 Augustus 1978 in Germiston gebore. Sy maak haar deurbraak in 1995 by die Afrika-Spele, waar sy 'n goue medalje wen. In 1997 wen sy die Afrika Junior Kampioenskap met 'n sprong van 1,90 m en verslaan so die Nigeriese atlete Glory Nwosu en Bunmi Titcomb met 20 sentimeter. In 1998 en 2002 wen sy 'n goue medalje op die Statebondspele.
In 2001 wen Cloete goud op die wêreldkampioenskappe in Edmonton met 'n sprong van 2,00 m. Die Oekraïense Inha Babakova spring dieselfde hoogte, maar het meer pogings nodig gehad. Twee jaar later wen sy haar tweede wêreldtitel op die wêreldkampioenskappe in Parys, die keer met 'n persoonlike rekord van 2,06 m. In dieselfde jaar word sy as die IVAF se atleet van het jaar aangewys.
Op die Olimpiese Spele van 2004 in Athene was haar 2,02 m sprong genoeg vir 'n silwer medalje. Die goue medalje word deur die Russiese Jelena Slesarenko opgeraap (2,06 m sprong), terwyl die Oekraïense Vita Stopina brons inpalm.
Ná haar olimpiese deelname, neem sy op 18 September 2004 aan die wêreldatletiekeindstryd in Monaco deel, waar sy vyfde eindig (1,95 m). Daarna het sy nie meer aktief aan kompetisies deelgeneem nie.
Titels Wêreldhoogspringkampioen – 2001, 2003 Afrikahoogspringkampioen – 1998, 2002, 2004 Afrikajuniorhoogspringkampioen – 1997 Suid-Afrikaanse hoogspringkampioen – 1996, 1997, 1998, 1999, 2000, 2001, 2002, 2003, 2004 Suid-Afrikaanse juniorhoogspringkampioen – 1994, 1995, 1996 IVAF-atleet van die jaar – 2003
Persoonlike rekord Item Prestasie Datum Plek Hoogspring 2,06 m 31 Augustus 2003 Parys
Prestasies 1995: Afrikaspele – 1,85 m 1996: 6e Wêreldkampioenskap junior – 1,85 m 1997: Afrikakampioenskappe – 1,90 m 1997: Afrika junior kampioenskappe – 1,90 m 1997: 10e Wêreldkampioenskap – 1,90 m 1998: Afrikakampioenskappe – 1,92 m 1998: Gemenebesspele – 1,91 m 1998: Wêreldbeker – 1,96 m 1999: Afrikaspele – 1,96 m 1999: Grand Prix Finale – 1,96 m 2000: Olimpiese Spele – 2,01 m 2001: Grand Prix Finale – 1,98 m 2001: Welwillendheidspele – 2,00 m 2001: Wêreldkampioenskap – 2,00 m 2002: Afrikakampioenskappe – 1,95 m 2002: Gemenebesspele – 1,98 m 2002: Wêreldbeker – 2,02 m 2003: Wêreldatletiekfinale – 2,01 m 2003: Wêreldkampioenskap – 2,06 m 2004: Afrikakampioenskappe – 1,95 m 2004: Olimpiese Spele – 2,02 m 2004: 5e Wêreldatletiekfinale – 1,95 m
Sien ook Esther Brand
Verwysings
Eksterne skakels Hestrie Cloete se IAAF-profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse atlete Kategorie:Geboortes in 1978 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese deelnemers Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue