Die Paralimpiese Somerspele 2012 (Engels: 2012 Summer Paralympics) is tussen 29 Augustus en 9 September 2012 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 302 atlete uit 164 nasies aan 503 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit was die 14de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

duimnael|links|Die Olimpiese Stadion in Londen Die Spele is amptelik deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk geopen. Dit is die eerste Paralimpiese Spele wat deur die koningin geopen is. Die Spele van 1984, wat gesamentlik deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika aangebied is, is deur Prins Charles en Ronald Reagan geopen.

Die Olimpiese Somerspele 2012 is tussen 27 Julie en 12 Augustus in Londen gehou.

Toewysing duimnael|links|Londen se Paralimpiese en Olimpiese gelukbringers, Mandeville (links) en Wenlock (regs) duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2012: As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2012 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2012. Londen is op 6 Julie 2005 in Singapoer deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2012. Ander kandidate was: Parys, New York, Madrid en Moskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2012 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Rondte 4 Londen 22 27 39 54 Parys 21 25 33 50 Madrid 20 32 31 — New York 19 16 — — Moskou 15 — — —

Sporte 20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Die sportsoorte is:

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is. Die amptelike program is reeds op 25 Augustus 2011 bekendgestel:

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

Augustus / September 201229Wo30Do31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9SoItems 20px 5-per-kant sokker●●●●●●●●1 1 20px 7-per-kant sokker●●●●●●●1 1 20px Atletiek1117201721202116234 170 20px Bankdruk2333333 20 20px Boccia●●3●●●4 7 20px Boogskiet●●●●432 9 20px Doelbal●●●●●●●●2 2 20px Fietsry555318464 50 20px Judo445 13 20px Roei●●4 4 20px Rolstoelbasketbal●●●●●●●●11 2 20px Rolstoelrugby●●●●1 1 20px Rolstoelskerm44211 12 20px Rolstoeltennis●●●●1●23 6 20px Ruitersport●●2324 11 20px Seil●●●●●3 3 20px Sitvlugbal●●●●●●●●11 2 20px Skyfskiet22211112 12 20px Swem15151514141515151515 148 20px Tafeltennis●●●1110●●●44 29 Totaal 0 28 40 49 59 51 54 64 47 48 57 6 503 Kumulatief 0 28 68 117 176 227 281 345 392 440 497 503 SeremoniesOS SSAugustus / September 201229Wo30Do31Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Do7Vr8Sa9SoItems

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) ingepalm en in die sesde plek geëindig.

Oscar Pistorius het die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie ingedra. Kyk uit vir dié atlete, Nuus24, 24 Augustus 2012

Suid-Afrika het 62 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele agtiende plek met 29 medaljes. Hiervan is 8 goud-, 13 silwer en 9 bronsmedaljes.

Medaljewenners

| width=78% align=left valign=top |

Medalje Naam Sport Item Datum Natalie du Toit Swem Dames se 100 m-vlinderslag S9 30 Augustus Hendri Herbst Swem Mans se 100 m-vryslag S11 31 Augustus Achmat Hassiem Swem Mans se 100 m-vlinderslag S10 1 September Jonathan Ntutu Atletiek Mans se 100 m T13 1 September Tebogo Mokgalagadi Atletiek Mans se 100 m T35 1 September Charl Bouwer Swem Mans se 50 m-vryslag S13 1 September Dyan Buis Atletiek Mans se 100 m T38 1 September Anrune Liebenberg Atletiek Dames se 200 m T46 1 September Charl Bouwer Swem Mans se 100 m-vryslag S13 2 September Oscar Pistorius Atletiek Mans se 200 m T44 2 September Charl Bouwer Swem Mans se 100 m-rugslag S13 3 September Union Sekailwe Atletiek Mans se 400 m T38 3 September Michael Louwrens Atletiek Mans se gewigstoot F57-58 4 September Natalie du Toit Swem Dames se 400 m-vryslag S9 4 September Shireen Sapiro Swem Dames se 100 m-rugslag S10 4 September Dyan Buis Atletiek Mans se verspring F37-38 5 September Oscar PistoriusArnu FourieSamkelo RadebeZivan Smith Atletiek 4x100 m Aflos T42-46 5 September Natalie du Toit Swem Dames se 200 m Individuele Medley SM9 6 September Hilton Langenhoven Atletiek Mans se 400 m T12 6 September Ilse Hayes Atletiek Dames se 100 m T13 6 September Arnu Fourie Atletiek Mans se 100 m T44 6 September Natalie du Toit Swem Dames se 100 m-vryslag S9 7 September Ernst van Dyk Fietsry Mans se padwedloop H4 7 September Ilse Hayes Atletiek Dames se verspring F13 7 September Dyan Buis Atletiek Mans se 200 m T38 8 September Kevin Paul Swem Mans se 100 m-borsslag SB9 8 September Fanie van der Merwe Atletiek Mans se 100 m T37 8 September Anrune Liebenberg Atletiek Dames se 400 m T46 8 September Oscar Pistorius Atletiek Mans se 200 m T44 8 September

|width=22% align=left valign=top | Medaljes per sportSportLêer:Gold medal icon.svgLêer:Silver medal icon.svgLêer:Bronze medal icon.svgTotaalSwem44311Atletiek47617Fietsry0101Totaal812929 duimnael|Oscar Pistorius as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen duimnael|Samkelo Radebe, Zivan Smith, Arnu Fourie en Oscar Pistorius (v.l.n.r.) uit Suid-Afrika duimnael|Suid-Afrika se Oscar Pistorius nadat hy die Mans se 400 m T44 gewen het

Aantal medaljes Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het. 1 (CHN) 284 95 71 65 231 2 (RUS) 181 36 38 28 102 3 (GBR) 294 34 43 43 120 4 (UKR) 150 32 24 28 84 5 (AUS) 161 32 23 30 85 6 (USA) 223 31 29 38 98 7 (BRA) 181 21 14 8 43 8 (GER) 152 18 26 22 66 9 (POL) 100 14 13 9 36 10 (NED) 91 10 10 19 39 18 (RSA) 62 8 12 9 29

Sien ook Australië by die Paralimpiese Somerspele 2012 Paralimpiese Somerspele 1984 in New York Stad (VSA) en Stoke Mandeville

Verwysings

Eksterne skakels

London 2012 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Engeland 2012 Kategorie:Sport in 2012 Kategorie:Sport in Londen