'n Weergawebeheerstelsel (Engels: version control system) is 'n rekenaarprogram of 'n versameling programme waarmee 'n mens die evolusie van lêers op 'n rekenaar, soos hulle ontwikkel en uitgebrei word, kan beheer.

Weergawebeheerstelsels word algemeen tydens die ontwikkeling van sagteware gebruik, waar die bronkode dan onder weergawebeheer geplaas word. Indien 'n programfout voorkom, kan die bronkode teruggerol word na die vorige weergawe.

Bekende weergawebeheerstelsels Die bekendste weergawebeheerstelsels is:

Git Mercurial, afgekort hg Subversion, afgekort SVN Concurrent Versions System, afgekort CVS Bitkeeper Source Code Control System, afgekort SCCS Revision Control System, afgekort RCS

Kategorie:Rekenaarwetenskap Kategorie:Sagtewareontwikkeling