Jurie Els is 'n bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger. Hy het bekendheid verwerf toe hy in 1991 as die algehele wenner van die eerste Noot vir Noot TV-vasvraprogram op televisie uit die stryd getree het. Els begin sy sangloopbaan in 1993 deur saam met Ken Mullan voor regstreekse gehore op te tree. Sy album Vat-Vat, was 'n platinumverkoper in 1995. Sedert 1994 het hy 36 albums/DVD's die lig laat sien. Hy het sedert 1984 meer as 600 liedjies se lirieke vir meer as 50 Suid-Afrikaanse kunstenaars geskryf, insluitende treffers vir kunstenaars soos Sonja Herholdt, Rina Hugo, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Robbie Klay, OTH, Joanna Field, Caroline du Preez, Nádine en Patricia Lewis.Who's Who SA , besoek op 16 Februarie 2011.
Biografie Els matrikuleer in 1981 van die Hoërskool Vrede en trou in 2005 met die hoogspringer en tweemalige Olimpiese silwermedalje-wenner Hestrie Cloete. Hulle het twee kinders: Chrizette en Jason John Els.Jurie en Hestrie Els ’n seuntjie ryker , Die Burger, 25 Julie 2008.
Els is in 2009 aangekla van onsedelike aanranding teen medesanger Robbie Klay. Die regter, Chris Eksteen, het Klay se getuienis as onvoldoende afgemaak en Els vrygespreek.Jurie Els is vrygespreek, Beeld, 4 Desember 2009 Regter Eksteen het Klay as 'n "patetiese getuie" bestempel wat die hof mislei en leuens vertel het. Die regter het in sy uitspraak gesê die vermoede bestaan dat Klay gemolesteer is, maar dat die identiteit van sy molesteerder onbekend is. Els het in sy getuienis ook onder eed bevestig dat hy aanvanklik vermoed het Klay is kleintyd gemolesteer.
Op 18 Februarie 2010 verwerp waarnemende regter Jan Hiemstra in die Pretoriase hooggeregshof Jenny Liebenberg, Robbie Klay se ma, se lastereis van R500 000 teen Jurie Els.
Jurie Els se outobiografie, Ver van vrede, het in September 2010 verskyn (). Die uitgewer is Naledi. Die boek bestaan uit Els se lewensverhaal sowel as uitgebreide aanhalings uit die amptelike hooggeregshofrekord van Saak CC206 van 2009: Die Staat vs. C J ELS.Boeke: Outobiografie ver van genoeg oor Els se lewe, Beeld, 14 November 2010.
Op 30 November bevind 3 appèlregters in die appèlhof in Bloemfontein die hoofredakteur van Huisgenoot en You, Esmarè Weideman en Media24, skuldig aan minagting van die hof deurdat 'n artikel waarin Robbie Klay Els van kindermolestering beskuldig het, gepubliseer is ten spyte van 'n hooggeregshofbevel wat publikasie daarvan verbied het. Els stel in Februarie 2011 'n eis van R5,5 miljoen teen Media24 en Weideman in. Weideman is uiteindelik met R15 000 beboet en Media24 met R60 000.
Diskografie Jurie Els se albums/DVD's en "Sell-thru" video's: 20 Goue Treffers (2015) Select / Sony Stil Verby: 48 Hoogtepunte van 21 Jaar (2015) Universal Super 12 Treffers (2014) Next Music Beach House in the Blue Mountains (duet album with Alan Garrity) (2014), Universal Spring Bobbejaantjie: 23 Beste Kinderliedjies (met MAGDA GREYLING) (2013), EMI Vertrou Net en Glo: 21 Liedjies van Geloof, Hoop en Liefde (2012) EMI SA COUNTRY GOLD: The Very Best of Jurie Els (2011), EMI Voorbegin: Vat-Vat 5 (2011), Stetson Music / SMD 40 Goue Treffers: Dankie Suid-Afrika (2008), Stetson Music / SMD Collections (2007), Sony 'n Dans Met Pa: 25 Grootste Treffers (DVD 2007), Sony Net Jy Versamelalbum (2007), Stetson Music Stille Rivierstroom: 16 Country Gunstelinge (2007), Stetson Music Is Jy Seker? (2006), Maranatha Ek Bid (2006), Sony BMG Honderd Bewonderd (2005), Stetson Music 18 Lekker Kinderliedjies (met Magda Greyling)(2005), Hoezit Treffers (2004), Sony BMG Jurie & Hestrie: Die Troue & 10 Musiekvideo's (DVD 2005), Sony BMG 10 Uit 10 (2004), Hoezit Gospel 21 Treffers (2003), BMG Goud 2 (2002), BMG Sonvanger (2001), Stetson Music Goud (2001) (Goue Status), BMG Sewe Reënboë (2000), Stetson Music Verbly jou in die Here (2000), BMG Die Hart Van 'n Wenner (1999), BMG Neem My T'rug (Versamelalbum 1999) Duet (met Patricia Lewis) (1998), BMG (Platinum Status) Hoe Sê Mens Dankie: Treffers op Video (Sell-thru video 1998), BMG Vat-Vat 4: Dans, Dans Met My! (1998), BMG Ek Hoor As U Roep (1997) (Goue status), BMG Vat-Vat Vol. 3: My Deure Staan Oop (1997) (Goue Status), BMG Vat-Vat Vol. 2 K-K-Kyk na my! (1996) (Goue Status), BMG Vat-Vat (1995) (Platinum Status), BMG Laat My Weet (1994), BMG Soveel Drome (1994), Stetson Music
Verwysings
Sien ook Afrikaanse musiek Suid-Afrikaanse Musikante
Eksterne skakels Jurie Els sing "Honderd Bewonderd" op Youtube
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense