Die Paralimpiese Somerspele 2008 (Chinees: 第十三屆残疾人奥林匹克运动会) is tussen 6 en 17 September 2008 in Beijing, Volksrepubliek China, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 011 atlete uit 146 nasies aan 472 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem. Dit was die 13de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

duimnael|links|Die Nasionale Stadion van Beijing Die Olimpiese Somerspele 2008 is tussen 8 en 24 Augustus in Beijing gehou.

Toewysing duimnael|links|Fu Niu Lele, die gelukbringer van die Paralimpiese Somerspele 2008 duimnael|400px|Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2008 As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2008 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2008. Beijing is op 13 Julie 2001 in Moskou deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2008. Dié stad is bo die ander kandidate op die kortlys, naamlik Istanboel (Turkye), Osaka (Japan), Parys (Frankryk) en Toronto (Kanada) gekies.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2008 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Beijing 44 56 Toronto 20 22 Parys 15 18 Istanboel 17 9 Osaka 6 —

Fakkelloop Net soos tydens die "gewone" Spele is 'n fakkel via 'n aflos na die Olimpiese Stadion gedra waar die Olimpiese vlam aangesteek is. Die aflos sou in verskeie lande en deur China plaasgevind het, maar die roete is ingeperk en die internasionale been is gekanselleer as gevolg van die aardbewing wat Sichuan in Mei 2008 getref het. Die besluit is geneem sodat daar op reddingswerk en die slagoffers gefokus kon word. "International torch relay for Beijing Paralympic Games cancelled" , Xinhua, 25 Junie 2008

Sporte duimnael|Boccia tydens die Paralimpiese Somerspele van 2008 in Beijing 20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Roei is vir die eerste keer op die program ingesluit. Die sportsoorte is:

Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie

September 6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17WoItems 20px 5-per-kant sokker●●●●●1 1 20px 7-per-kant sokker●●●●1 1 20px Atletiek1020171016201819255 160 20px Bankdruk3423422 20 20px Boccia●●4●●3 7 20px Boogskiet●●●●432 9 20px Doelbal●●●●●●●2 2 20px Fietsry55741544 44 20px Judo445 13 20px Roei●●4 4 20px Rolstoelbasketbal●●●●●●●●11 2 20px Rolstoelrugby●●●●1 1 20px Rolstoelskerm3322 10 20px Rolstoeltennis●●●●●132 6 20px Ruitersport●2432 11 20px Seil●●●●●3 3 20px Sitvlugbal●●●●●●●11 2 20px Skyfskiet222222 12 20px Swem161816121316141817 140 20px Tafeltennis●●●511●●●44 24 Seremonies OS SS Totaal 0 27 41 61 46 45 52 49 56 51 36 8 472 September 6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17WoItems

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname duimnael|Iran teen Suid-Afrika in rolstoelbasketbal tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 duimnael|Natalie du Toit (middel), saam met die Australiese swemmers Annabelle Williams en Ellie Cole, nadat hulle tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 in Beijing medaljes gewen het duimnael|Oscar Pistorius in die Beijing Nasionale Stadion tydens die Paralimpiese Somerspele 2008 Die Suid-Afrikaanse Paralimpiese span van 59 atlete het op Vrydag, 29 Augustus 2008 na Beijing vertrek. Die span het 35 medaljes tydens die vorige Spele in 2004 verower en in die 13de posisie geëindig.

Natalie du Toit kon nie aan die 100 m-rugslag deelneem nie aangesien die Suid-Afrikaanse sportvereniging vir liggaamlik gestremdes (SASVLG) haar te laat vir die item geregistreer het. Nóg 'n Beijing-blaps , Beeld, besoek op 6 September 2008

Soos tydens die Olimpiese Spele, het Natalie du Toit weer die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie in die Beijing Nasionale Stadion ingedra. Dit maak haar die eerste atleet in die moderne geskiedenis wat die eer gehad het om tydens beide geleenthede as vlagdraer op te tree.

Natalie du Toit het ook Suid-Afrika se eerste medalje verower toe sy op die eerste dag van die Spele 'n goue medalje tydens die 100 m-vlinderslag ingepalm het.

Na die tweede dag is Suid-Afrika in die vyfde posisie. Medaljes vir die dag: Natalie du Toit (tweede goue medalje en nuwe Paralimpiese rekord vir die 100 m-vryslag) Charl Bouwer (goue medalje en nuwe wêreldrekord vir die 400 m-vryslag) Philippa Johnson (goue medalje vir dressuur) Nicholas Newman (brons medalje vir spiesgooi)

Medaljes vir die derde dag: Oscar Pistorius (goud vir die 100 m-naelloop)

Vierde dag (Woensdag, 10 September): Kevin Paul (goue medalje vir die 100 m-borsslag en 'n nuwe wêreldrekord) Philippa Johnson (tweede goue medalje vir dressuur) David Roos (silwer in verspring) Gavin Kilpatrick (brons vir fietsry) Fanie Lombard (brons vir gewigstoot)

Vyfde dag (Donderdag, 11 September): Natalie du Toit (derde goue medalje vir wisselslag en 'n wêreldrekord)

Sesde dag (Vrydag, 12 September): Natalie du Toit (vierde goue medalje vir 400 m-vryslag en 'n nuwe Paralimpiese rekord) Fanie van der Merwe (goud vir atletiek en 'n nuwe Paralimpiese rekord) Hilton Langenhoven (goud vir atletiek) Tadhg Slattery (brons vir swem)

Sewende dag (Saterdag, 13 September): Oscar Pistorius (tweede goud vir 200 m-naelloop) Hilton Langenhoven (goud vir verspring) Shireen Sapiro (goud vir 100 m-rugslag) Riaan Nel (silwer vir fietsry) Tebogo Mokgalagadi (brons in 100 m-naelloop)

Agtste dag (Sondag, 14 September): Natalie du Toit (vyfde goue medalje vir 50 m-vryslag) Ernst van Dyk (goud vir fietsry)

Negende dag (Maandag, 15 September): Geen.

Tiende dag (Dinsdag, 16 September): Fanie van der Merwe (goud) Fanie Lombard (goud) Oscar Pistorius (goud) Hylton Langenhoven (goud) Ilse Hayes (silwer)

Laaste dag (17 September): Ernst van Dyk (brons vir atletiek)

In totaal verdien Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) en eindig in die sesde plek. Hoewel Suid-Afrika 5 minder medaljes as in 2004 verower het, stoot die verhouding van goud tot die totale aantal medaljes SA op van 'n 13de na die 6de posisie op die wêreldranglys.

Aantal medaljes

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het. 1 (CHN) 332 89 70 52 211 2 (GBR) 212 42 29 31 102 3 (USA) 213 36 35 28 99 4 (UKR) 78 24 18 32 74 5 (AUS) 167 23 29 27 79 6 (RSA) – 21 3 6 30 7 (CAN) 143 19 10 21 50 8 (RUS) – 18 23 22 63 9 (BRA) 188 16 14 17 47 10 (ESP) 133 15 21 22 58

Sien ook Paralimpiese Winterspele 2022 in Beijing

Verwysings

Eksterne skakels

Beijing 2008 Paralympic.org. Internasionale Paralimpiese Komitee.

Kategorie:Beijing Kategorie:Geskiedenis van die Volksrepubliek China Kategorie:Sport in die Volksrepubliek China 2008 Kategorie:Sport in 2008