Die Olimpiese Winterspele 1972 (Japannees: 第十一回オリンピック冬季競技大会, Dai Jūichi-kai Orinpikku Tōkikyōgi Taikai), amptelik bekend as die XIde Olimpiese Winterspele, is tussen 3 en 13 Februarie 1972 in Sapporo, Japan, aangebied. Die ander kandidaatstede was Banff (Kanada), Lahti (Finland) en Salt Lake City (Verenigde State). Dit is die eerste keer dat die Olimpiese Winterspele nie in Europa of die Verenigde State gehou is nie. Die Olimpiese Somerspele 1972 is in München, Wes-Duitsland, aangebied.

Toewysing duimnael|links|Die Makomanai Ysarena in Sapporo is vir die Olimpiese Winterspele 1972 opgerig Sapporo is op 25 April 1966 in Rome deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1972. Ander kandidate was: Banff, Lahti en Salt Lake City.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1972 Stad Land Rondte 1 Sapporo 32 Banff 16 Lahti 7 Salt Lake City 7

Sporte 6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1972: duimnael|400px|Kaart van medaljes volgens lande: vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1972 deelgeneem het nie. 'n vertoon die gasheerstad (Sapporo). vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het. Hier is die top 17 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 78 8 5 3 16 2 (GDR) 42 4 3 7 14 3 (SUI) 52 4 3 3 10 4 (NED) 11 4 3 2 9 5 (USA) 103 3 2 3 8 6 (FRG) 78 3 1 1 5 7 (NOR) 67 2 5 5 12 8 (ITA) 44 2 2 1 5 9 (AUT) 40 1 2 2 5 10 (SWE) 58 1 1 2 4 11 (JPN) 85 1 1 1 3 12 (TCH) 41 1 0 2 3 13 (POL) 47 1 0 0 1 (ESP) 3 1 0 0 1 15 (FIN) 2 0 4 1 5 16 (FRA) 40 0 1 2 3 17 (CAN) 47 0 1 0 1 Totaal (17 NOKs) 838 36 34 35 105

Sien ook Olimpiese Somerspele 1940 in Tokio beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Winterspele 1940 in Sapporo beplan, maar weens die Tweede Wêreldoorlog gestaak Olimpiese Somerspele 1964 in Tokio Olimpiese Winterspele 1998 in Nagano Olimpiese Somerspele 2020 in Tokio

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Sapporo 1972 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Japan 1972 1972 Kategorie:Sapporo Kategorie:Sport in 1972