Die Olimpiese Winterspele 1964 (Duits: Olympische Winterspiele 1964), amptelik bekend as die IXde Olimpiese Winterspele, is tussen 29 Januarie en 9 Februarie 1964 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die ander kandidaatstede was Calgary in Kanada en Lahti in Finland. Die Olimpiese Somerspele 1964 is in Tokio, Japan, aangebied.

duimnael|links|Bergisel, die Skispring-skans in Innsbruck, 2004 Die Spele is bedreig deur 'n gebrek aan sneeu. Die Oostenrykse leër is ingespan om blokke sneeu en ys van hoër in die berge na benede te bring om die bane mee voor te berei.

Toewysing duimnael|links|upright|Bruno Kreisky, president van die Oostenrykse reëlingskomitee Innsbruck is op 26 Mei 1959 in München deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1964. Ander kandidate was: Calgary en Lahti.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1964 Stad Land Rondte 1 Innsbruck 49 Calgary 9 Lahti 0

Sporte 6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van medaljes volgens lande: vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1964 deelgeneem het nie. duimnael|Toekennings van die Sowjetse atlete tydens die IXde Olimpiese Winterspele in Innsbruck. Sowjetse posseël uit 1964 Hier is die top 14 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 69 11 8 6 25 2 (AUT) 83 4 5 3 12 3 (NOR) 58 3 6 6 15 4 (FIN) 52 3 4 3 10 5 (FRA) 24 3 4 0 7 6 (GER) 96 3 3 3 9 7 (SWE) 57 3 3 1 7 8 (USA) 89 1 2 4 7 9 (CAN) 55 1 1 1 3 10 (NED) 6 1 1 0 2 11 (GBR) 36 1 0 0 1 12 (ITA) 61 0 1 3 4 13 (PRK) 13 0 1 0 1 14 (TCH) 46 0 0 1 1 Total (14 NOKs) 745 34 39 31 104

Sien ook Olimpiese Winterspele 1976 in Innsbruck

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Innsbruck 1964 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Innsbruck 1964 1964 Kategorie:Sport in 1964