Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).

Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.

Toewysing duimnael|links|upright|Bruno Kreisky, president van die Oostenrykse reëlingskomitee duimnael|Bergisel, die Skispring-skans in Innsbruck, 2004 Denver is op 12 Mei 1970 in Amsterdam deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1976. Ander kandidate was: Sion, Tampere en Vancouver-Garibaldi.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1976 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Rondte 3 Denver 29 29 39 Sion 18 31 30 Tampere 12 8 — Vancouver—Garibaldi 9 — —

Denver het die Spele op 15 November 1972 aan die IOK teruggegee nadat die bevolking dit in 'n referendum verwerp het en die IOK het die Spele Whistler, Brits-Columbië, aangebied, maar dié Kanadese stad het dit weens politiese verskille afgewys. Salt Lake City het homself aangebied om die Spele te hou, maar die IOK wou die Spele nie aan 'n ander Amerikaanse stad gee nie en het dit aan Innsbruck, Oostenryk, gegee.

Sporte 6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.

Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van medaljes volgens lande: vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1976 deelgeneem het nie. 'n vertoon die gasheerstad (Innsbruck). vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het. Hier is die top 16 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS 79 13 6 8 27 2 (GDR) 59 7 5 7 19 3 (USA) 106 3 3 4 10 4 (NOR) 42 3 3 1 7 5 (FRG) 71 2 5 3 10 6 (FIN) 47 2 4 1 7 7 (AUT) 77 2 2 2 6 8 (SUI) 59 1 3 1 5 9 (NED) 5 1 2 3 6 10 (ITA) 58 1 2 1 4 11 (CAN) 59 1 1 1 3 12 (GRB) 42 1 0 0 1 13 (TCH) 58 0 1 0 1 14 (LIE) 9 0 0 2 2 (SWE) 39 0 0 2 2 16 (FRA) 35 0 1 1 2 Totaal (16 NOKs) 845 37 37 37 111

Sien ook Olimpiese Somerspele 1964 in Innsbruck

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Innsbruck 1976 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.

Kategorie:Geskiedenis van Oostenryk Kategorie:Innsbruck 1976 1976 Kategorie:Sport in 1976