Gladiolus paludosus is 'n meerjarige geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 19 940 km². Dit kom van Witbank tot by Lydenburg voor en suidwaarts tot by Piet Retief en Wakkerstroom. Die plant groei in moerasagtige gebiede en vleilande. Dit word bedreig deur damme wat in die riviere gebou word en water afsny wat die moerasse en vleie nat hou. Ander bedreigings is gewasverbouing, indringerplante en voorstedelike ontwikkeling. Steenkool mynbou bedrywighede is ook 'n bedreiging.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika paludosus