Dorpstraat op Stellenbosch is 'n straat waarin die tipiese historiese karakter van die 17de en 18de eeu in die Kaapkolonie grootliks bewaar gebly het. Daarom is dit van besondere kultuurhistoriese belang en ook omdat dit ryker is in argitektoniese skatte as enige ander straat in Suid-Afrika.
Die straat volg vir ongeveer anderhalwe kilometer die noordelike oewer van die Eersterivier en loop van die Rupert Museum en die stasie in die weste na die Kweekskool aan die oostekant.
Reeds voor die stigting van Stellenbosch was Dorpstraat deel van die trekboere se “wagenweg naar de Caab”. Met die uitleg van die dorp in 1685 is die eerste erwe hier uitgemeet met groot tuine wat uit leivore besproei is.
Verskeie ou huise met hul tipiese wit mure en dikwels Kaaps-Hollandse gewels en eeue-oue akkerbome het danksy die optrede van o.a. die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede en die organisasie Historiese Huise van Suid-Afrika bewaar gebly. Die bekendste is:
eikebome tussen die spoorlyn en Pastoriestraat (tot natuurmonument verklaar op 22 Maart 1968) Oude Rozenhof, Dorpstraat 8/12, hoek van Stadlerstraat Libertas Parva, hoek van Strandweg, herinner ons aan Adam Tas, dateer uit ±1783 die Krige-huise (van ±1783) by Dorpstraat 25-33 en die Krige-skakelwonings by Dorpstraat 37-51. Hier het Sybella Krige, later die vrou van J.C. Smuts groot geword Ackermann Huis, Dorpstraat 50 Vredelust, Dorpstraat 63, gebou in 1814 Oom Samie se winkel, Dorpstraat 84 La Gratitude, Dorpstraat 95 Voorgelegen, Dorpstraat 116-118 Gimnasium, Dorpstraat 120 Transvalia-kompleks, Dorpstraat 127 Lutherse kerkie, hoek van Birstraat, gebou in 1854 na ‘n ontwerp van Carl Otto Hager. Dit huisves die kunsversameling van die Universiteit van Stellenbosch Ou Pastorie, Dorpstraat 141-143 Esperanza, Dorpstraat 153 Hauptfleisch Huis, Dorpstraat 153 Ou Bakhuis, Dorpstraat 152 en 154 Bakkershuis, Dorpstraat 155 Diaconies Remise, Doprstraat 156 Loubser Huis. Dorpstraat 157 Saxenhof, Dorpstraat 159 Kweekskool, Dorpstraat 171. Die meeste geboue van die Kweekskool datueer uit 1905 tot 1920 en verskeie daarvan is ontwerp deur Carl Otto Hager De Oude Leeskamer, Dorpstraat 182, op die hoek van Drostdystraat
Weens die atmosfeer geskep deur die historiese huise, die skadu in die somer verskaf deur die groot ou eikebome en die lopende water in die slootjies langs die straat het dit tot 'n gewilde toeristebestemming ontwikkel.
Bibliografie Burden, Matilda: 50 jaar - Historiese Huise 1966-2016. Stellenbosch: Historiese Huise van Suid-Afrika, 2016. Fransen, Hans en Christo S. Botha: Discovering historical Stellenbosch. Kaapstad: H.A.U.M., 1979. Johnson Barker, Brian: Stellenbosch – a place of gables, oaks and wine. Kaapstad: Struik, 1992. Proust, Alain en D.H. Pennewaert: Stellenbosch – a visual promenade. Vlaeberg: La Compagnie du Cap, 2006. van Huyssteen, Ters: Foot-loose in Stellenbosch – a guide for walkers. Kaapstad: Tafelberg, 1977.
Kategorie:Stellenbosch Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Strate in Suid-Afrika