thumb|200px|Sint Joris en die Draak, deur Gustave Moreau, 1889-'90.

Christelike mitologie is die mites wat verbind word met die Christendom. Die term omvat 'n groot verskeidenheid legendes en verhale, veral dié wat as heilige verhale beskou word. Mitologiese temas en elemente kom deur die hele Christelike letterkunde voor, insluitende herhalende mites soos die klim van 'n berg, gevegte, reise na die onderwêreld, vertellings van 'n god wat sterf en herrys, vloedmites, stories oor die stigting van 'n stam of stad, en mites oor groot helde (of heiliges) van die verlede, die paradys en selfopoffering.

Verskeie skrywers het dit ook al gebruik om te verwys na ander mitologiese en allegoriese elemente wat in die Bybel voorkom, soos die storie van die leviatan (watermonster). Die term is ook al gebruik vir mites en legendes van die Middeleeue, soos die storie van Sint Joris en die draak, die stories van koning Arthur en sy ridders van die ronde tafel, en die legendes van die Parsival. Baie kommentators het John Milton se epiese gedig Paradise Lost as Christelike mitologie geklassifiseer. Die term is ook al toegepas op moderne stories wat om Christelike temas en motiewe wentel, soos die werk van C.S. Lewis, J.R.R. Tolkien, Madeleine L'Engle en George MacDonald.

Deur die eeue het die Christendom in baie verskillende denominasies verdeel. Nie al dié denominasies het dieselfde stel heilige verhale nie. So sluit die boeke wat deur die Rooms-Katolieke Kerk en die Oosters-Ortodokse Kerk aanvaar word, 'n aantal tekste en stories in (soos dié wat in Judit en Tobit vertel word) wat die Protestantse kerke nie as kanonieke werke aanvaar nie.

Houdings In sy breedste akademiese sin beteken die woord "mite" eenvoudig 'n tradisionele storie. Baie geleerdes beperk egter die term tot heilige stories. Folkloriste gaan dikwels verder en definieer mites as "stories wat geglo word waar is, gewoonlik heilig, wat in die verre verlede afspeel of in ander wêrelde of dele van die wêreld, en met buitemenslike, onmensike of heroïese karakters".

Die antieke Griekse woord muthos, waarvandaan "mite" kom, beteken "story, vertelling". Teen die tyd van Christus het muthos die konnotasie begin aanneem van "fabel, fiksie,"Eliade, Myth and Reality (1968), p. 162 en vroeë Christelike skrywers het dit dikwels vermy om 'n storie van die kanonieke Skrif 'n mite te noem.Sullivan Paulus waarsku Timoteus om weg te bly van "onheilige en sinlose verdigsels" (of mites: bebēthous kai graōdeis muthous).1 Timoteus 4:7 (τοὺς δὲ βεβήλους καὶ γραώδεις μύθους παραιτοῦ).

thumb|200px|Sint Brendanus se reis, uit 'n Duitse manuskrip. Dié negatiewe betekenis van "mite" het oorgespoel na die alledaagse skryfkuns.Eliade, Myths, Dreams and Mysteries, pp. 23 Sommige moderne Christelike geleerdes en skrywers het probeer om die term buite die akademie te "rehabiliteer" en het stories in die kanonieke Skrif (veral die verhaal van Christus) as "ware mite" beskryf; voorbeelde sluit in C.S. Lewis en Andrew Greeley.Greeley, Myths of Religion, in Bierlein 1994, pp. 304–5). Verskeie moderne Christelike skrywers soos Lewis het elemente van die Christendom, veral die storie van Christus, beskryf as "mite" wat ook "waar" ("ware mite") is.Sammons 231Dorrien 236

Ander skrywers maak beswaar teen die beskrywing van Christelike onderwerpe as mites om 'n verskeidenheid redes: die assosiasie van mite met politeïsme,Henry, hoofstuk 3Tyndale House Publishers 9 die gebruik van die term om valsheid of 'n gebrek aan geskiedkundigheid aan te duiHamilton 56–57 en die gebrek aan 'n vasgestelde definisie van "mite".Greidanus 23 As voorbeelde van Bybelse mites noem Every die skeppingsverhaal in Genesis 1 en 2, en die storie van Eva se verleiding.Every 22

Die Christelike tradisie het baie stories wat nie uit kanonieke bronne kom nie, maar steeds oor Christelike temas handel. Dié niekanonieke Christelike mites sluit in legendes, volksverhale en uitbreidings op kanonieke Christelike mitologie. Legendes was uiters volop in die Middeleeuse letterkunde.Guerber, p. 2 Voorbeelde sluit in hagiografieë (geskiedenisse van heiliges), soos die stories van sint Joris of sint Valentyn.

Nog 'n voorbeeld is die historiese, heiligverklaarde Brendanus van Clonfort, 'n 6de-eeuse Ierse kerkman en stigter van kloosters. Rondom dié ware karakter is 'n storie geweef wat waarskynlik legendaries eerder as histories is: die Navigatio of "Reis van Brendanus". Die legende bespreek mitiese voorvalle in die sin van bonatuurlike ontmoetings. In dié vertelling kom Brendanus en sy skeepskamerade seemonsters teen, asook 'n paradyseiland, 'n drywende yseiland en 'n rotseiland wat deur 'n heilige hermiet bewoon word. Mense wat die vertellings glo, probeer steeds "Brendanus se eilande" in ware geografie identifiseer. Die reis is herskep deur die Britse ontdekkingsreisiger Tim Severin, wat gesê het daar is walvisse, ysberge en die eiland Rockall op dié roete.

Volksverhale vorm 'n groot deel van die niekanonieke Christelike tradisie. Folkloriste definieer volksverhale (in teenstelling met "ware" mites) as stories wat deur die vertellers daarvan as suiwer fiksie beskou word, en dikwels 'n spesifieke plek of tyd ontbreek.Segal, p. 5; Zong In-Sob, p. xxi; Welker Een gewilde volksverhaal is dié van die Berouvolle Sondaar (geklassifiseer as tipe 756A, B en C in die Aarne-Thompson-Uther-indeks van storietipes); nog 'n gewilde een gaan oor 'n slim sterflike wat die duiwel uitoorlê.Degh, p. 67 Nie alle geleerdes aanvaar die folkloristiese gebruik om die terme "mite" en "volksverhaal" te gebruik vir verskillnde soorte tradisionele vertellings nie.Segal, p. 5

Die Christelike tradisie is ook vol gewilde stories wat uitbrei op die kanonieke geskrifte. Volgens 'n Engelse volksgeloof kry sekere kruie hulle helende krag van die feit dat hulle gebruik is om Christus se wonde op Golgota te heel. In dié geval verskaf 'n niekanonieke storie 'n verbintenis met 'n niekanonieke vorm van folklore, naamlik volksmedisyne.Eliade, Cosmos and History, pp. 30–31

Christus Die vertellings van Jesus Christus in die evangelies, sy lewe en sy dood. Hier word die vertelling deur die skrywer gekombineer met 'n storie van hoe alle Christelike teologie tot stand gekom het. Voorbeelde is die storie van Jesus as die "Woord" of "Logos" (Johannes 1:1), die gedaanteverandering van die Logos of Seun van God in die man Jesus (byvoorbeeld Lukas 1:35) en Christus se soenoffer vir die mens se sondes (byvoorbeeld Matteus 26:28). Belangrike vertellings in die evangelies sluit in: Christus se onbevlekte ontvangenis en maagdelike geboorte deur die Maagd Maria Die doop van Jesus Satan se versoeking van Christus Die verheerliking van Jesus Die gelykenisse van Jesus Die laaste avondmaal Die dood en opstanding van Jesus Die hemelvaart van Jesus Die Handelinge van die Apostels – die storie van die vroeë Christelike kerk, die prediking van die twaalf apostels en van Paulus. Die neerdaling van die Heilige Gees op Jesus se dissipels ná sy hemelvaart.

Eskatologie Die koms van die antichris Die wederkoms Die opstanding van die dooies Die oordeelsdag Die finale en algehele vestiging van die Koninkryk van God op aarde

Ander voorbeelde thumb|200px|Dante en Beatrice kyk na die hoogste hemel in dié illustrasie vir Dante se Goddelike Komedie, deur Gustave Doré (1832-'83). Paradiso, kanto 31.

Voorbeelde van (1) Christelike mites wat nie in die kanon genoem word nie en (2) letterkundige en tradisionele uitbreidings van kanonieke Christelike mitologie: Weergawes van die Christelike mitologie wat in gnostisisme gebruik word. Die skeppingsmite van Valentinus, met die betrokkenheid van Sophia en die demiurg.Brons Die Manigeïstiese skeppingsmite."Manichean Psalm: Let Us Worship the Spirit of the Paraclete"; Arendzen (section on "Doctrine") Die gnostiese beskrywings van Jesus, waarvan sommige 'n Dosetiese siening van Jesus gee. Letterkundige behandelings van die Christelike kanon of teologie John Milton se Paradise Lost, wat Satan se rebellie teen God en die sondeval beskryf, en sy Paradise Regained, wat Satan se versoeking van Christus beskryf Dante Alighieri se Goddelike Komedie, 'n letterkundige allegorie wat 'n besoek aan die hel, vaevuur en hemel beskyf John Bunyan se Pilgrim's Progress, 'n Christelike spirituele allegorie C.S. Lewis se The Pilgrim's Regress, 'n moderner Christelike spirituele allegorie Volgens sommige vertolkings verteenwoordig The Lion, the Witch, and the Wardrobe van C.S. Lewis allegories Christus se dood en opstanding (hoewel Lewis ontken dat die storie 'n direkte allegorie is). Legendes oor Christelike heiliges en helde. Voorbeelde sluit in Abgarus van Edessa, Johannes die Dwerg en sint Joris. Legendes oor heiliges word gewoonlik hagiografieë genoem. Sommige is vol wonderbaarlikhede, soos dié wat voorkom in Jacobus de Voragine se Legenda aurea; ander in 'n mindere mate. Stories oor artefakte soos die Heilige Graal, Heilige Lans en die Doodskleed van Turyn Name en biografiese besonderhede oor naamlose Bybelse karakters Die legendes van koning Arthur en Karel die Grote as Christelike konings, veral die soeke na die Heilige Graal Legendariese geskiedenis van die Christelike kerke, soos die verhale van die Kruistogte Legendes van die Tempelridders en die Priory van Sion. Middeleeuse Christelike stories oor engele en beskermengele. Niekanonieke uitbreidings of aanpassings van Bybelse verhale, soos die verhale van die dissipel Salomé, die Drie Wyse Manne en sint Dismas.

Bande met ander geloofstelsels Zoroastrisme Sommige geleerdes glo baie elemente van Christelike mitologie, vral die lineêre uitbeelding van tyd, het hulle oorsprong in die Persiese godsdiens Zoroastrisme.Campbell, p. 190-92 Mary Boyce, 'n kenner van Zoroastrisme, skryf:

Mircea Eliade glo die Jode het 'n sin van lineêre tyd gehad voordat Zoroastrisme hulle beïnvloed het. Hy skryf egter: "'n Aantal ander Joodse godsdiensidees is in Iran ontdek, aangepas of gesistematiseer". Dié idees sluit in dualisme tussen goed en sleg, 'n geloof in 'n toekomstige redder en opstanding, en 'n "optimistiese eskatologie wat die eindelike seëviering van die Goeie verkondig".Eliade, A History of Religious Ideas, vol. 1, p. 302

Die Zoroastristiese konsepte Ahriman, Amesha Spentas, Yazatas en Daevas het moontlik aanleiding gegee tot die Christelike begrippe Satan, aartsengele, engele en demone.H. James Birx Encyclopedia of Time: Science, Philosophy, Theology, & Culture, Band 1 SAGE, 13.01.2009 p. 303

Boeddhisme en ander In Boeddhistiese mitologie probeer die demoon Mara die historiese Boeddha, Siddhartha Gautama, se aandag aflei voordat hy verligting kan bereik. Huston Smith, 'n professor in filosofie en 'n skrywer oor vergelykende godsdiens, merk die ooreenkoms tussen Mara se versoeking van die Boeddha voor sy vergeesteliking en Satan se versoeking van Christus voor sý vergeesteliking.Smith, p. 9

In die boek Openbaring sien die skrywer 'n visioen van 'n swanger vrou in die lug wat deur 'n groot vuurrooi draak gevolg word. Die draak wil haar kind verslind sodra sy die lewe skenk, maar die kind is "weggeruk na God en na sy troon toe". Dit lyk soos 'n allegorie vir die oorwinning van die Christendom: Die kind verteenwoordig vermoedelik Christus; die vrou verteenwoordig dalk God se volk van die Ou en Nuwe Testament (wat Christus geproduseer het); en die draak simboliseer Satan, wat Christus teenstaan.Openbaring 12:1-6 Volgens Katolieke geleerdes kon die beelde in dié allegorie geïnspireer gewees het deur 'n heidense mitologie:

Mitiese temas en tipes thumb|links|200px|Die eerste dag van die Skepping, deur Jean Colombe uit die Heures de Louis de Laval.