Roland Mark Schoeman OIS (gebore 3 Julie, 1980) is 'n Suid-Afrikaanse swemmer.
Hy het tydens die Olimpiese Somerspele 2004 in Athene saam met Ryk Neethling, Lyndon Ferns en Darian Townsend die goue medalje in die 4x100 meter vryslagaflos verower.
Loopbaan Schoeman is in Pretoria gebore en het in swem begin belangstel toe hy 13 was. Hy het drie jaar later aan kompetisies begin deelneem. Hy sê dat hy begin swem het om 'n meisie te beïndruk wat hy ontmoet het.
Dit was die begin van 'n loopbaan wat aan hom een gouemedalje, twee silwer- en 'n bronsmedalje by die Gemenebes-spele en 'n nuwe Suid-Afrikaanse rekord in die 100 m vryslag (48,69s), 50 m vryslag (22,04s), 100 m vlinderslag (52,73s) en 50 m vlinderslag (23,65s) besorg het.
Wêreldrekords Langbad (50 m) Tans 'n wêreldrekord? Item Rekord Datum Geleentheid PlekJa50 m Vlinderslag22.96 s25 Julie 2005WêreldkampioenskappeMontreal, Kanada4×100 m Vryslag3:13.17 s15 Augustus 2004Olimpiese Somerspele 2004Athene, Griekeland
Kortbad (25 m) Tans 'n wêreldrekord? Item Rekord Datum Geleentheid Plek100 m Vryslag46.25 s Ewenaar rekord van Ian Crocker.22 Januarie 2005WêreldbekerreeksBerlyn, Duitsland50 m Vryslag20.98 s Eerste man onder 21 sekondes.12 Augustus 2006uitnodigingsHamburg, Duitsland100 m Individuele Wisselslag100 m Individuele Wisselslagitem word nie deur die Internasionale Swemfederasie (FINA) erken nie.52.51 s18 Januarie 2005Wêreldbekerreeks Stockholm, Swede
Verwysings en notas
Eksterne skakels Roland Schoeman se persoonlike webwerf
Kategorie:Geboortes in 1980 Schoeman, Roland Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Olimpiese swemmers