Die Olimpiese Winterspele 1988 (Engels: 1988 Winter Olympics, Frans: Les XVes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XVde Olimpiese Winterspele, is tussen 13 en 28 Februarie 1988 in Calgary, Kanada, aangebied. Die ander kandidaatstede was Falun in Swede en Cortina d'Ampezzo in Italië.
Dit was die eerste Olimpiese Winterspele wat in Kanada beslis is en die tweede spele naas die Olimpiese Somerspele van 1976. Dié land sal later nog die Olimpiese Winterspele van 2010 aanbied.
Die Olimpiese Somerspele 1988 is in Seoel, Suid-Korea, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1988 is tussen 17 en 24 Januarie in Innsbruck, Oostenryk, gehou.
Toewysing duimnael|Kaart van die fakkelloop van die Olimpiese Winterspele 1988 Calgary is op 30 September 1981 in Baden-Baden deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 1988. Ander kandidate was: Falun en Cortina d'Ampezzo.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 1988 Stad Land Rondte 1 Rondte 2 Calgary 35 48 Falun 25 31 Cortina d'Ampezzo 18 —
Sporte 6 Olimpiese sporte in 10 dissiplines is tydens die Spele beoefen.
Kalender Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.
OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Februarie13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28SoWedstryde20px Seremonies OS SS 20px Alpeski1●11●1111111| 10 20px Bobslee●1●1 | 2 20px Heg-en-steg-ski11111111| 8 20px Kunsskaats●1●●1●●1●●1| 4 20px Langbaanskaats1111111111 | 10 20px Noorse kombinasie●1●1 | 2 20px Rodel●1●11| 3 20px Skansspring111| 3 20px Tweekamp111| 3 20px Yshokkie●●●●●●●●●●●●●●●1 | 1
Deelnemende nasies Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:
Getal medaljes duimnael|400px|Kaart van deelnemende nasies in 1988: duimnael|400px|Kaart van medaljes volgens lande: vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het. vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het. vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie. vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Winterspele 1988 deelgeneem het nie. 'n vertoon die gasheerstad (Calgary). vertoon lande, wat hul eerste medalje tydens die Winterspele gewen het. Hier is die top 17 lande wat medaljes by die Spele verower het: 1 (URS) 119 11 9 9 29 2 (GDR) 56 9 10 6 25 3 (SUI) 94 5 5 5 15 4 (FIN) 60 4 1 2 7 5 (SWE) 91 4 0 2 6 6 (AUT) 93 3 5 2 10 7 (NED) 23 3 2 2 7 8 (FRG) 116 2 4 2 8 9 (USA) 167 2 1 3 6 10 (ITA) 85 2 1 2 5 11 (FRA) 92 1 0 1 2 12 (NOR) 89 0 3 2 5 13 (CAN) 147 0 2 3 5 14 (YUG) 23 0 2 1 3 15 (TCH) 62 0 1 2 3 16 (JPN) 63 0 0 1 1 (LIE) 13 0 0 1 1 Totaal (17 NOKs) 1 393 46 46 46 138
Sien ook Olimpiese Somerspele 1976 in Montreal Olimpiese Winterspele 2010 in Vancouver
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Calgary 1988 Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee. Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Kategorie:Geskiedenis van Kanada 1988 1988 Kategorie:Sport in 1988