Asetogenese is 'n proses waar asetaat deur anaërobiese bakterieë geproduseer word vanuit 'n verskeidenheid energie- en koolstofbronne. Die verskillende bakteriese spesies wat asetogeniese vermoëns het word asetogene genoem.

Chemiese vergelyking

Asetogenese in die anaërobiese verteringsproses Asetogenese is die derde stap tydens anaërobiese vertering

Hidrolise: 'n Chemiese reaksie waar partikels afgebreek word en opgelos word en polimere omgeskakel word na eenvoudiger monomere; Asidogenese: 'n Biologiese reaksie waar eenvoudige monomere omgeskakel word na vlugtige vetsure; Asetogenese: 'n Biologiese reaksie waar vlugtige vetsure omgeskakel word na asynsuur, koolstofdioksied en waterstof en Metanogenese: 'n Biologiese reaksie waar asetate omgeskakel word na metaan en koolstofdioksied met die verbruik van waterstof.

Sien ook Anaërobiese vertering biogas

Verwysings

Kategorie:Biochemie