Die Suider-Afrikaanse luislang of gewone luislang (Python natalensis), voorheen ook genoem die Afrika-rotsluislang,Marais, Johan. 2004. Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika Struik Uitgewers. bl. 211. Natalse rotsslang,Die Afrikaanse Kinderensiklopedie. Deel II. 1959. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk. bl.719 rooibokslang, konstriktorslang, bosveldslang en verkeerdelik boa,Elektroniese WAT (Woordeboek van die Afrikaanse Taal). is 'n slangsoort van die familie Pythonidae en word by die subfamilie van die luislange ingedeel. Die spesie is voorheen as 'n subspesie van die Python sebae beskou en word eers as 'n afsonderlike spesie in 1999 erken. Met 'n bevestigde lengte van meer as vyf meter is die Suider-Afrikaanse luislang een van die grootste slange ter wêreld. Die verspreiding beslaan die tropiese en subtropiese dele van Sentraal- tot Suid-Afrika. Die spesie hou hoofsaaklik in die oop savanne, nie te ver van water nie. As kultuurvlugterOok hemerofoob – 'n organisme wat vlug of wegkwyn weens habitatsveranderinge weens menslike aktiwiteite vermy die luislang menslike nedersettings en word soms net teëgekom in matig intensief verboude plantasies.
Na gelang van die grootte van die luislang wissel die voedsel van klein tot medium, bitter selde tot groot gewerwelde diere. Volwasse luislange vreet dikwels klein boksoorte. In uitsonderlike gevalle word ook prooidiere van oor die 25 kilogram, soos halfvolgroeide rooibokke en waterboklammers, en klein jagluiperdwelpies gevang. Die Suider-Afrikaanse luislange is soos al die slangsoorte van die genus Python eierlêend (ovipaar) en behoort tot die soort waar die wyfie nie die broeitemperatuur deur spierbewings nie, maar deur die son reguleer. Weens verdelging voor die voet en habitatvernietiging het die aantal luislange in hul oorspronklike verspreidingsgebied drasties verminder; die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou hierdie slang egter steeds as 'n nie-bedreigde spesie.
Beskrywing Die jong, onvolgroeide slange is baie slank gebou, terwyl die volgroeide Suider-Afrikaanse luislange 'n baie kragtige lyf het.G. J. Alexander: Thermal Biology of the Southern African Python (Python natalensis): Does temperature limit its distribution? In: R. W. Henderson, R. Powell (Hrsg.): Biology of the Boas and Pythons. Eagle Mountain Publishing Company, Eagle Mountain 2007, , bl. 51–75. Die breë, groot kop is duidelik van die nek onderskeibaar. Die snoet is na die punt toe afgerond. Hier sit die neusgate skuins tussen die bo- en die sykante van die kop.J. G. Walls: The Living Pythons. T. F. H. Publications 1998, , bl. 142–146, 166–171. Die grypstert maak sowat 11% van die wyfies en tot oor die 13% van die mannetjies se totale lengte uit. Die spore is by die mannetjies groter as by die wyfies.D. G. Broadley: FitzSimons’ Snakes of Southern Africa. Delta Books 1983, , bl. 63–69.
Skubbe duimnael|Die Suider-Afrikaanse luislang is minder kontrasterend van kleur as die Afrika-rotsluislang By slange word na skubbe dikwels as skilde verwys. 'n Skild is 'n skub met 'n spesiale beskermende funksie.Marais, Johan. 2004. Volledige gids tot die slange van Suider-Afrika Struik Uitgewers. bl. 302.
Een groot paar internasale skilde (tussenneusskilde) volg twee groot pare prefrontale skilde (voor-voorhoofskilde). Die res van die bokant van die kop is kenmerkend met klein, onreëlmatige skilde bedek. So is die frontale skilde (voorhoofskilde), in teenstelling met die Afrika-rotsluislang, in vele individuele skilde verdeel en daarom nie meer as sodanig herkenbaar nie. Op die sykant van die kop vind mens baie klein loreale skilde (leiselsskilde). Hulle aantal is minder as die Afrika-rotsluislang s'n. Rondom die oog is 'n ring van 8 tot 13 sirkumorbitale skilde (oogkas-omringende skilde).D. G. Broadley: A review of geographical variation in the African Python, Python sebae (Gmelin). British Journal of Herpetology 6, 1984, bl. 359–367. Daarvan is die supraokulêre skilde (bo-oogse skubbe) in teenstelling met die ander spesie in twee of drie individuele skubbe verdeel. Dit vorm 'n groot bo- en een tot twee kleiner onder- preokulêre skilde (vooroogskilde), drie tot vier postokulêre skilde (agteroogskilde) en meestal drie infraokulêre skilde (onderoogskilde). Van bo gesien dra die rostrale skild (snoetskild) twee diep labiaalgroewe (lipholtes). Van die 10 tot 16 supralabiale skilde (bolipskilde) besit die twee voorstes lipgroewe of lipkuiltjies. Daar is 17 tot 24 infralabiale skilde (onderlipskilde), waarvan die eerste 4 tot 6 swak herkenbare hittegevoelige lipkuiltjies het.
Die aantal ventrale skilde (pensskubbe) wissel na gelang van die individu tussen 260 en 291; die aantal rugskildrye in die middellyf is gewoonlik tussen 78 en 99. Vanaf die kloaak tot by die stertpunt kan 63 tot 84 pare subkoudale skilde (onderstertskubbe) gevind word.
Kleur Die grondkleur wissel van ligbruin, oranje, olyfgroen tot grys. Die slangvelpatroon is nie eentonig nie, maar veranderlik. In die voorste derde van die lyf is groot, oorwegend reghoekige, donkerbruin, swartrandige rugvlekke wat na die stert se kant toe saamsmelt en 'n aaneenlopende donker rugband vorm. Hierdie donker rugband loop oor die rand na die flanke heen en al langs die ruggraat se ligte vlekke af. Laasgenoemde versmelt vanaf die agterlyf om onafgebroke strepe te vorm. Die donker rugpatroon word rondom geskei deur 'n dun, heelwat onduidelike ligte gaping van die grondkleur. Al langs die flanke is groot, smal donkerbruin vlekke met halfligte middelpunte. In die agterlyf versmelt die flankvlekke dikwels met mekaar en met die rugpatroon. By sowat 25 % van hierdie slange is daar 'n lang, streepvormige ligbruin gedeelte tussen die donker patroon van die bokant van die stert. By 50% is hierdie gedeelte onderbroke en by 25% heeltemal afwesig. Op die wit pens is daar enkele swart vlekke; op die onderkant van die stert is dit talryker.
Die kop van die Suider-Afrikaanse luislang is oor die algemeen minder kontrasterend van kleur en die patroon yler gevorm as by die Afrika-rotsluislang. Die ligbruin tot ligpienk gekleurde bokant van die kop het 'n pylvormige donkerbruin patroon wat van die neus deur die oog tot by die nek loop en in die middel oor 'n helder strepie beskik. Aan die sykant van die kop loop daar 'n dun donker streep vanaf die neusgat deur die oog. Op die bolip onder die oog is 'n klein donker driehoek. Dit is meestal verklein of in 'n paar klein vlekkies opgebreek. Onder omtrent die oogmiddellyn loop 'n donker streep na agter tot min of meer by die mondhoek. Hierdie streep kan in sy sentrum duidelik helderder wees. Op die wit onderkant van die kop, die onderlip en die keel is 'n patroon van 'n paar klein vlekkies. Ook die res van die onderkant van die kop het gewoonlik 'n paar donker vlekke.
Die iris is donkerbruin en nouliks van die swart pupille onderskeibaar.
Lengte Die Suider-Afrikaanse luislang word gemiddeld tussen 2,8 en 4 meter lank.S. Spawls, K. Howell, R. Drewes, J. Ashe: A Field Guide to the Reptiles of East Africa. Academic Press, London 2002, , bl. 305–310. Individue met 'n lengte van meer as 4,6 meter is 'n seldsame verskynsel.F. W. FitzSimons: Pythons and their ways. George G. Harrap & Co. Ltd, London 1930, bl. 12, 17, 23, 32, 34, 39, 41, 67. Wat lengte en massa betref bestaan daar by hierdie slangsoort 'n geslagsdimorfisme: die wyfies is gewoonlik aansienlik groter en swaarder as die mannetjies. Van die 75 individue wat in Suid-Afrika ondersoek is, was die langste wyfie 4,34 meter lank en het 53,4 kilogram geweeg. Die grootste mannetjie was 4,23 meter lank en het 31,1 kilogram geweeg. In die verlede is massiewe uitgerekte slangvelle herhaaldelik by optekening gebruik, wat die historiese syfers onakkuraat maak. Slegs een goeie bewys van destyds is 'n lewende eksemplaar van 5,56 meter lank. Dit is in die voormalige Koninkryk van Zoeloeland gevang, deur FitzSimons (1930) gemeet en in die slangpark te Port Elizabeth vertoon. Die langste Suider-Afrikaanse luislang wat wetenskaplik korrek opgeteken is, is uit die voormalige Transvaal afkomstig. Dit was, volgens Branch & Haacke (1980), gesamentlik 5,8 meter lank.W. R. Branch, W. D. Haacke: A Fatal Attack on a Young Boy by an African Rock Python Python sebae. Journal of Herpetology 14, Heft 3, 1980, bl. 305–307.
Verspreidingsgebied duimnael|Verspreidingsgebied van die Suider-Afrikaanse luislang (rooi) en die Afrika-rotsluislang (groen) en oorvleuelingsgebiede (geel) Die verspreidingsgebied van die Suider-Afrikaanse luislang wissel op die Afrika-vasteland vanaf die ewenaar suidwaarts na Suid-Afrika. In Sentraal-Afrika is hierdie slangsoort in Suid-Angola, in die oostelike en suidoostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo en in Zambië verspreid. In Oos-Afrika kry mens hierdie luislang in Kenia, Suid-Tanzanië, Burundi, Malawi, Mosambiek en Zimbabwe. In Suider-Afrika strek sy voorkoms van Noord-Namibië oor Botswana, eSwatini tot in die suidoostelike deel van Suid-Afrika. In die Oos-Kaap in Suid-Afrika is die suidelikste luislangbevolking geleë. Dit is ten volle geïsoleer en ongeveer 350 kilometer van ander populasies afgesonder. 'n Ander klaarblyklik geïsoleerde bevolking is in die Kalahari Gemsbok Nasionale Park in die Suid-Afrikaanse ZF Mgcawu-distrik, wat moontlik ook verbindinge het met 'n vermoedelik soortgelyke geïsoleerde populasie in Suid-Namibië.B. Branch, W. R. Branch: Field guide to Snakes and other Reptiles of Southern Africa. Struik Publishers 1998, , bl. 59–60.W. R. Branch, M. Griffin: Pythons in Namibia: Distribution, Conservation, and Captive Breeding Programs. Advances in Herpetoculture – Special Publications of the International Herpetological Symposium, Inc., 1996, bl. 93–102. Die spesie is afwesig in die woestyngebiede aan die weste en die suide van Namibië en Botswana en in die westelike helfte van Suid-Afrika.
Daar word vermoed dat die Suider-Afrikaanse luislang eens noordwaarts al langs die westelike en oostelike valleie van die Groot Skeurvallei versprei het waar die Afrika-rotsluislang oorheersend is.D. G. Broadley: The Southern African Python, Python natalensis A. Smith 1840, is a valid species. African Herpetological News 29, 1999, bl. 31–32. In Kenia is daar 40 km noordwes van Mwingi vandag nog 'n gebied waar die twee luislangspesies se habitatte oorvleuel. Ook in Burundi en in die ooste van die Kivuprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo bestaan daar nog oorblywende bevolkings. In Tanzanië oorvleuel die verspreidingsgebiede van beide spesies oor 'n ruim 900 kilometer. Vorige ondersoeke in Angola toon 'n volledig ruimtelike skeiding van al twee spesies.
Habitat Die Suider-Afrikaanse luislang hou oorwegend in die oop savannes. Daarbenewens bly hy ook in bosryke klowe, kusruigtes, op langgrasveld, die oop bosveld, op rotsagtige heuwels en soms selfs in halfwoestyne. Hy kan veral aangetref word in die nabyheid van standhoudende waterbronne soos riviere en mere. In die Katangaprovinsie van die Demokratiese Republiek van die Kongo is hierdie slang op die Kundelungu-plato 1 750 meter bo seevlak gevind. In die Nyanga-distrik van Zimbabwe en moontlik ook in Kenia en Tanzanië kan sy habitat hoogtes van 2 000 meter bo seespieël bereik. In Kenia en Noord-Tanzanië, waar die Suider-Afrikaanse luislang en die Afrika-rotsluislang se verspreidingsgebiede oorvleuel, is die Suider-Afrikaanse luislang hoofsaaklik in die hoër dele teenwoordig. As 'n beduidende kultuurvlugter vermy die Suider-Afrikaanse luislang menslike nedersettings en intensiewe landbougebied.G. V. Haagner: The husbandry and captive propagation of the southern rock python, Python sebae natalensis (at Port Elizabeth Snake Park, South Africa). British Herpetological Society Bulletin 42, 1992–1993, bl. 30–41. In die plantasies wat matig intensief verbou word maak hy egter gereeld jag op knaagdiere. Hy sal ook soms op plase deur die reuk van vee nadergelok word.