Tulista kingiana is 'n vetplant wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Mosselbaai tot by Herbertsdale en Groot-Brakrivier voor. Dit is onder andere deel van die fynbos-bioom. Die spesie het 50% van sy habitat in 30 jaar verloor weens landbou uitbreiding, ontwikkeling aan die kus en versameling deur mense. Die plant groei stadig en het 'n voorkomsgebied van 785 km². Daar word verwag dat 'n verdere 30% oor die volgende 30 jaar verlore sal gaan. Een van die subpopulasies was vernietig met die bou van die N2-nasionale pad.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Tulista Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika