Tulista marginata is 'n vetplant wat deel van die Asphodelaceae familie is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap en kom van Worcester tot by Ashton en Bredasdorp voor. Dit is deel van die renosterveld. Die spesie het 'n voorkomsgebied van 3160 km² en daar is nege subpopulasies bekend. Daar word bereken dat die plant reeds 40% van sy populasie verloor het aan onwettige versameling van die spesie, indringerplante, oorbeweiding en vertrapping, veral deur volstruise. Die bedreigings bestaan steeds.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Tulista Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika