Hoodia officinalis is 'n vetplant wat deel is van die Apocynaceae familie. Die spesie is inheems aan die Noord-Kaap en Namibië. Die plant het 'n voorkomsgebied van 15 000 km² en daar is minder as vyftien subpopulasies bekend. Dit word gevind in suidelike Namibië en Griekwaland-Wes van Douglas tot by Kimberley en Jacobsdal. Dit is deel van die Nama-Karoo en Sukkulente Karoo-biome.
Die spesie het twee subspesies: Hoodia officinalis subsp. delaetiana (Dinter) Bruyns Hoodia officinalis subsp. officinalis
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
officinalis Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika