Die Biedouwvallei (waar Biedouw 'n van is) is 'n vallei in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, op 'n hoogte van sowat 376 m. Dit is naby Pakhuispas geleë,Marion Whitehead. Passes & Poorts. 2010. tussen Clanwilliam en Uitspankraal. Rooibos groei algemeen in die vallei, en na die eerste reëns is die vallei getooi in veldblomme.Biedouw Valley, Cederberg, Western Cape, showme, 27 Julie 2012 In die somermaande bied 'n 124 km lange roete die moontlikheid om die Doornrivier oor te steek vir 'n besoek aan onder meer die Tankwa Karoo- Nasionale Park. 'n Verdere afdraaipad lei weer na Wupperthal, 17 km weg. Die oornaggeriewe van Biedouw Vallei Wegbreek is op die oewer van die Biedouwrivier geleë.Biedouw Vallei Wegbreek

Verwysings

Kategorie:Valleie van Suid-Afrika