Robert Albert Wessels (gebore 30 Oktober 1980 op Kroonstad) is 'n bekende Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2005 deur Huisgenoot aangewys as Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf, en in 2006 is sy liedjie Leeuloop deur Huisgenoot aangewys as die Liedjie van die Jaar.Robbie Wessels: 'n Bietjie Stout, besoek op 5 Augustus 2008

Biografie Wessels is op 30 Oktober 1980 op Kroonstad gebore. Hy gaan skool by Hoërskool Kroonstad en matrikuleer aan die Hoërskool Strand waarna hy drama aan die Technikon Pretoria (tans die Tshwane-Universiteit van Tegnologie) studeer. Hy verwerf sy diploma in 2002 waarna hy die vermaaklikheidswêreld aandurf. Kort daarna kry hy die geleentheid om die rol van Anton in RSG se radioverhaal Blinkwater te vertolk. Sy eerste televisierol was dié van Poena in die program Gauteng-alêng-alêng.

Diskografie Wessels het die volgende albums uitgereik: My Vissermanvriend se Pa, 2005 Halley se Komeet, 2007 Afrika Sonsak, 2009 Kaalvoet, 2011 Als wat ek het, 2014 Woestyn, 2017 Staan Saam, 2019 Die Sluise van die Hemel, 2020

Filmografie Rolprente waarin Wessels speel: Poena is Koning (rolprent), 2007 'n Saak van geloof, 2011 100 meter Leeuloop, 2013 As jy sing, 2013

Sien ook Leeuloop Poena is Koning (rolprent) Afrikaanse musiek Lys van Suid-Afrikaanse musikante

Verwysings

Eksterne skakels Robbie Wessels se amptelike webwerf

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse manlike akteurs Kategorie:Alumni van Hoërskool Strand Kategorie:Geboortes in 1980