Cortina d'Ampezzo 280px Kaart van Veneto Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Gewes 20px Veneto Provinsie Belluno (BL) Koördinate  Stigting - Oppervlakte:    - Totaal 254,51 vk km  Hoogte bo seevlak 1 224 m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2021) 5 669  - Bevolkingsdigtheid 22,3/vk km Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Gianpietro Ghedina Amptelike webwerf Cortina d'Ampezzo

Cortina d'Ampezzo (Italiaans: [korˈtiːna damˈpɛttso]; Ladinies: Anpezo of Ampëz; historiese Duitse naam: Hayden) is 'n stad en munisipaliteit in die Italiaanse provinsie Belluno (administratiewe gewes Veneto) met 'n bevolking van 5 669.

duimnael|links|Cortina d'Ampezzo gedurende winter Die stad lê teen 'n hoogte van 1 211 meter bo seevlak in die Dolomiete-reeks (Ampezzaanse Alpe) en is die grootste nedersetting in Ladinia. As 'n bekende wintersportsentrum het Cortina d'Ampezzo as gasheerstad van die VIIde Olimpiese Winterspele van die jaar 1956 asook die Alpynse wêreldbekertoernooie van die jare 1932 en 1941 opgetree. Die Olimpiese Winterspele 1944 sou ook in Cortina d'Ampezzo aangebied word, maar dié is ná die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog afgelas. Saam met Milaan het Cortina d'Ampezzo tussen 6 en 22 Februarie 2026 ook as gasheer van beide die Olimpiese Winterspele en die Paralimpiese Winterspele opgetree. Die stad word in ekonomiese en kulturele opsig deur die toerisme oorheers.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf