Sint Sebastiaanbaai is ‘n wye baai aan die kus van die Tuinroete.

Ligging Die baai strek van Kaap Infanta by 20° 50′ westerlengte tot by Kaap Barracouta by 21° 18′ oosterlengte, naby Jongensfontein. In die baai is die mondings van die Breederivier sowel as die Duiwenhoksrivier. By die mond van laasgenoemde is die vakansieoord Puntjie met sy kapstylhuise. Port Beaufort, Witsand en Infanta is dorpies aam die mond van die Breederivier.

Naam Perestrelo, ‘n Portugese seevaarder, het die baai in 1576 besoek en dit vernoem na die Portugese koning Sebastiaan I.

Lees ook Joseph Barry Malgas

Skeepsrampe Verskeie skepe het in die baai en veral rondom die mond van die Breederiver vergaan. King George IV, 16 Julie 1824 Locust, 2 September 1824 Harriet, 8 Maart 1848 Arion, 7 April 1854 Ospray, 13 Apjril 1855 Barrys II, 7 Mei 1857 Osmond, 13 Junie 1859 SS Kadie, 17 November 1865 (die skip van die Barrys van Swellendam) Minnie, 10 Junie 1874 Cape of Good Hope, 25 November 1881 SS Umsimkulu, 16 Junie 1883 Merasheen, 1947

Bibliografie Slingsby, Peter: Garden Route – the map. Muizenberg: Slingsby Maps, 2010. South Africa Road Atlas, Mapstudio, Turner, Malcolm: Shipwrecks & Salvage in South Africa – 1505 to the present. Kaapstad: Struik, 1988.

Kategorie:Baaie van Suid-Afrika