As-Saff (Arabies: الصف, "Die Geledere") is die 61ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 14 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die hoofstuk kom uit vers 4.
Hadit Abdullah ibn Salam, 'n Metgesel van Mohammed, vertel: “'n Groep Metgeselle van die Boodskapper van Allah het gesit en praat, en ons het gesê: ‘As ons geweet het van watter daad Allah die heel meeste hou, sou ons dit gedoen het.’ En Allah, die Allermagtige, het onthul: 'Wat ook al in die hemele is, en wat ook al op die aarde is, dit verheerlik Allah; en Hy is die Allermagtige, die Allerwyse. O julle gelowiges! Waarom sê julle wat julle nie doen nie?'Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. (As-Saff 1-2).
Opsomming Uit vers 1 is dit duidelik alle dinge in die heelal verheerlik God. In vers 2-4 word Moslems aangemoedig om gelowig te wees en vir Islam te veg. In vers 6 profeteer Jesus 'n Boodskapper met die naam Agmad, maar hy is verwerp. Later word vertel van die beloning van dié wat vir die geloof veg.E.M. Wherry, M.A., A Complete Index to Sale's Text, Preliminary Discourse, and Notes
Verwysings
Skakels
Kategorie:Hoofstukke van die Koran