Al-Mumtahana (Arabies: الممتحنة, "Die Vrou Wat Ondervra Word") is die 60ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 13 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar.

Opsomming Die eerste verse waarsku Moslems om nie verbintenisse aan te knoop met die vyande van God nie. Vers 4-6 noem Abraham as 'n model hiervoor, want hy het hom van die heidene in sy eie stam gedistansieer, selfs sy eie vader. Vers 7-9 verklaar die moontlikheid dat Moslems en hulle eertydse vyande beter verhoudings kan hê as laasgenoemde nie teen die Moslems se geloof veg nie. Dié verse verskaf die basis van die verhouding tussen Moslems en nie-Moslems in die Koran: Die basiese verhouding is vrede, tensy die Moslems aangeval word of oorlog geregverdig is om hulle goedsdiens te beskerm.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran