Al-Mujâdilah (Arabies: المجادلة, "Die Vrou Wat Smeek") is die 58ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 22 ajat, of verse, en is vermoedelik in Medina aan Mohammed geopenbaar. Die naam van die soera kom uit vers 1.

Opsomming Die hoofstuk handel eers oor die wettigheid van die pre-Islamitiese metode van skei, genaamd zihar of ziehaar.Die Heilige Quran. In Afrikaans vertaal deur Imam M.A. Baker. Uitgegee deur IDM (Islamic Dawah Movement of Southern Africa) Publications. Die naam "Die Vrou Wat Smeek" verwys na die vrou wat by Mohammed pleit oor die ongeregtigheid daarvan. Die eerste verse verbied dit en skryf voor hoe om vorige gevalle van ziehaar te hanteer. Die hoofstuk bespreek ook openbare beraadslagings en skryf optrede voor wat daarmee verbind word. Dit eindig met die teenstelling tussen dié wat aan die duiwel behoort en dié wat in God glo.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Hoofstukke van die Koran