Die Zoeloevalsdoring (Albizia suluensis) is 'n boom in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies in Suid-Afrika en kom van Hlabisa tot by Hluhluwe voor. Die boom het 'n voorkomsgebied van 330-400 km². Daar is twee subpopulasies, die een in die Hluhluwe-natuurreservaat is veilig terwyl die ander subpopulasie geoes word vir gebruik as brandhout, medisyne en boumateriaal.

Die boom se FSA-nommer is 153.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Albizia Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika