Father Divine (omstreeks 1876 - 10 September 1965), ook bekend as eerwaarde M.J. Divine, was van omstreeks 1907 tot met sy dood in 1965 'n Afro-Amerikaanse geestelike leier. Sy volle naam, wat hy aan homself gegee het, was eerwaarde Major Jealous Divine. Hy was ook vroeg in sy lewe bekend as "die Boodskapper". Hy het die Internasionale Vredesendingbeweging gestig, sy leerstelling geformuleer en dit laat groei van 'n klein en oorwegend swart gemeente tot 'n veelrassige, internasionale kerk. Vanweë sy ideologie beskou baie hom as 'n kultusleier.
Father Divine het beweer hy is God. Hy het verskeie bydraes gelewer tot sy volgelinge se ekonomiese onafhanklikheid en rassegelykheid. Hy was 'n tydgenoot van ander godsdiensleiers soos Daddy Grace, Charles Harrison Mason, Noble Drew Ali, James F. Jones (ook bekend as profeet Jones), Wallace Fard Muhammad, Elijah Muhammad en Jim Jones.
Lewe en loopbaan Voor 1912: Vroeë lewe en oorspronklike naam Min is bekend oor Father Divine se vroeë lewe of selfs sy regte naam. Father Divine en die vredesbeweging wat hy begin het, het nie baie rekords gehou nie. Hy self het verskeie aanbiedinge om sy biografie te skryf van die hand gewys en gesê "die geskiedenis van God sal nie nuttig wees in sterflik terme nie". Hy het ook geweier om enige familiebande te erken. Koerante in die 1930's moes sy moontlike regte naam uitgrawe: George Baker. Dié naam word nie deur die Biblioteek van die VSA-kongres erken nie, en van 1979 af is daar geen verdere gebruik van die naam as 'n opskrif vir Father Divine in biblioteekkatalogusse nie.*Copy of the letter from the Library of Congress about the catalog heading for Father Divine.
In die FBI se lêers word hy aangedui as George Baker alias "God". In 1936 het Eliza Mayfield beweer sy is Father Divine se moeder en gesê sy regte naam is Frederick Edwards van Hendersonville, Noord-Carolina. Volgens haar het hy 'n vrou en vyf kinders verlaat. Mayfield het egter geen bewyse gelewer nie en beweer sy kan nie sy pa se naam onthou nie. Father Divine se antwoord was: "God het geen moeder nie."
Father Divine se kinderlewe bly 'n twispunt. Sommige, veral vroeëre, navorsers beweer hy is in die Diep Suide, waarskynlik in Georgia, gebore as die seun van bywoners. In nuwe navorsing deur Jill Watts, wat op sensusdata gebaseer is, is bewyse gevind van 'n George Baker jr. van omtrent die regte ouderdom in 'n Afro-Amerikaanse enklave van Rockville, Maryland, met die naam Monkey Run. As dié teorie korrek is, was sy moeder 'n voormalige slavin met die naam Nancy Baker wat in Mei 1897 oorlede is."Rumors Are Over: Father Divine Dies", Jet, September 23, 1965, p20J. Gordon Melton, Encyclopedic Handbook of Cults in America (Routledge, 2014) p. 145"My Thirty Years with Father Divine", deur Ruth Boaz, Ebony (Mei 1965) p. 98
Die meeste navorsers stem saam dat Father Divine se ouers bevryde swart slawe was. Swak rekords is gehou oor dié generasie van Afro-Amerikaners, en dit is onwaarskynlik dat die omstredenheid oor sy grootwordjare opgelos sal word. Aan die ander kant het hy en sy eerste vrou, Peninniah (of gespel Penninah, Peninnah, Penniah), beweer hulle is op 6 Junie 1882 getroud.J. Gordon Melton, Encyclopedic Handbook of Cults in America (Routledge, 2014) p145
Father Divine is waarskynlik teen die eeuwisseling George Baker genoem. Hy het as 'n tuinier in Baltimore, Maryland, gewerk. Terwyl hy in 1906 in Kalifornië vertoef het, het Father Divine kennis gemaak met die idees van Charles Fillmore en die New Thought-beweging, 'n filosofie van positiewe denke wat later sy leerstellings help vorm het. In dié stelsel is onder meer geglo negatiewe denke lei tot armoede en ongelukkigheid. Die liedjieskrywer Johnny Mercer het gesê 'n preek deur Father Divine was die inspirasie vir die titel van sy song "Ac-Cent-Tchu-Ate the Positive".
Father Divine het 'n plaaslike Baptistekerk bygewoon, en dikwels gepreek, tot in 1907. 'n Besoekende prediker, Samuel Morris, het toe in die kerk gepraat en is uit die gemeente verban. Morris het 'n sagte en onomstrede preek gelewer, tot aan die einde wanneer hy sy arms gelig en geskree het: "Ek is die Ewige Vader!" Hy is daarom uit baie kerke in Baltimore geskop en was blykbaar onsuksesvol, totdat Morris die ontvanklike Father Divine raakgeloop het.
Father Divine was toe in sy laat 20's en het Morris se eerste volgeling geword. Hy het die skuilnaam "die Boodskapper" aangeneem. Die Boodkapper was 'n Christus-figuur vir Morris se "God die Vader". Father Divine het saam met Morris in Baltimore gepreek vanuit die huis van die voormalige evangelis Harriette Snowden, wat hulle "goddelikheid" aanvaar het. Morris het begin om homself "Father Jehovia" te noem.
John A. Hickerson het later by Father Divine en Father Jehovia aangesluit en homself Reverend Bishop Saint John the Vine genoem. John the Vine het die Boodskapper se uitstekende manier van praat en sy belangsteling in New Thought gedeel.
In 1912 het die driemanskap uiteengespat toe John the Vine Father Jehovia 'n monopolie op godheid weier. Hy het 1 Johannes 4:15 aangehaal wat volgens hom lui God is in almal:
Father Divine se weë het van dié van sy voormalige vennote geskei. Hy het ontken dat Father Jehovia God is en gesê nie almal kan God wees nie. Hy het verklaar hy self is God, asook die enigste ware uitdrukking van God se gees.
1912-'14: In die Suide Father Divine het suidwaarts gereis en baie in Georgia gepreek. In 1913 het konflik met plaaslike predikante daartoe gelei dat hy gevonnis is om vir 60 dae in 'n vasgekettingde groep te werk. Toe hy vrygelaat word, het hy hoofsaaklik swart vroulike volgelinge in Valdosta, Georgia, gelok. Hy het selibaat en die verwerping van genderkategorieë gepredik.
Op 6 Februarie 1914 het verskeie van sy volgelinge se mans en plaaslike predikers Divine in hegtenis laat neem vir kranksinnsigheid. Dit het eintlik sy bediening laat uitbrei en ook wit mense het hom begin kontak.
1914-'19: Brooklyn en 'n troue In 1914 het Father Divine met 'n klein groep volgelinge en 'n swart gemeente na Brooklyn, New York, gereis. Hy het 'n stil lewe gelei, al was hy veronderstel om die beliggaming van God te wees. Hy en sy dissipels het 'n kommune in 'n swartmiddelklaswoonstelblok gevorm. Hy het seks, alkohol, rook en dobbel onder hulle verbied. Teen 1919 het hy die naam Reverend Major Jealous Divine aangeneem. "Reverend Major" is gekies as 'n titel van respek en gesag, terwyl "Jealous" 'n verwysing na Eksodus 34:14 is waar God sê "die Here se Naam is Jaloers" en 'n "jaloerse God is Hy". Sy volgelinge het hom liefdevol Father Divine genoem.
In dié tyd het Father Divine met 'n volgeling, Peninniah (ook gespel Penninah, Peninnah, Penniah) getrou. Sy was 'n paar jaar ouer as hy en nes sy lewe was hare duister. Sy was vermoedelik van Macon, Georgia. Die troudatum is onseker, maar was moontlik tussen 1914 en 1917. Benewens dat sy haar waardige beeld by dié van Father Divine gevoeg het, het Peninniah gedien as 'n ontlonting van gerugte van onbetaamlikheid tussen hom en sy baie jong vroulike volgelinge. Beide Penninah, wat dikwels "Mother Divine" genoem is, en Father Divine het volgehou hulle huwelik is nooit voltrek nie.
1919-'31: Sayville, New York 250px|thumb|Father Divine se huis in Sayville, New York.
Father Divine en sy dissipels het in 1919 verhuis na Sayville, New York (op Long Island). Hulle was die eerste swart huiseienaars daar.
Father Divine het sy huis te Maconstraat 72 gekoop van 'n Duits-Amerikaanse inwoner wat dit met opset aan 'n swart koper verkoop het. Hy het dit gedoen om sy buurman, 'n mede-Duits-Amerikaner, terug te kry omdat dié hom bespot het nadat hy sy van van Felgenhauer na Fellows verander het uit reaksie op anti-Duitse sentiment.
In dié tyd het Father Divine se beweging aansienlik gegroei. Hy het weekliks gratis bankette gehou en nuwelinge gehelp om werk te kry. Hy het nog meer wit volgelinge bygekry. Die geïntegreerde omgewing van sy kommune en die oënskynlike rykdom wat sy Cadillac uitgestraal het, het bure woedend gemaak.
Lede van die oorwegend wit gemeenskap het hom daarvan beskuldig dat hy 'n groot harem aanhou en skandalige seks beoefen, hoewel die Suffolk-distrik se kantoor van die prokureur-generaal bevind het die bewerings is ongegrond.
1931-'32: Sayville-arres, verhoor en tronk Op 8 Mei 1931 het 'n polisieman van Sayville Father Divine aangekla van rusverstoring en hom in hegtenis geneem. Father Divine het die $1 000 borgtog kontant betaal, wat ongewoon was in die tyd van die Groot Depressie. Die verhoor, wat later plaasgevind het as wat die bure waarskynlik gehoop het, is bepaal vir laat in die herfs, en dit het daartoe gelei dat Father Divine se gewildheid die hele vakansieseisoen lank gesneeubal het.
Hy het in die somer bankette vir tot 3 000 mense gehou. Motors wat die strate vol gestaan het vir dié byeenkomste het bygedra tot sommige bure se klagtes dat Father Divine 'n rusverstoorder is wat hulle eiendomme se pryse laat daal.
Op Sondag 15 November om 00:15 is 'n polisieman uitgeroep na Father Divine se lawaaierige huis. Teen die tyd dat versterkings ontbied is, het groepe bure die huis omsingel. Die polisie was bang 'n opstand breek uit en het Father Divine en sy volgelinge meegedeel dat hulle binne 15 minute moet uiteengaan. Die groep is egter na die polisiekantoor.
Hulle is om 03:00 in die polisiekantoor opgeneem en het polisiemanne gefrustreer deur dikwels te weier om hulle regte name te gee en eerder die name aan te gee waaronder hulle in die beweging bekend was. Altesaam 78 mense is in hegtenis geneem, insluitende 15 wit mense. Van hulle het 46 skuld erken op 'n aanklag van rusverstoring en 'n boete van $5 elk gekry, wat Father Divine met 'n $500-noot betaal het. Tot die hof se verleentheid kon hulle hom nie die nodige kleingeld gee nie. Penninah, Father Divine en 30 volgelinge het skuld ontken.
Die pers het met sensasie oor Father Divine se inhegtenisneming en heterodokse leerstellings berig. Hoewel die artikels meestal onwaar was, het dit hom nog gewilder gemaak. Teen Desember het sy volgelinge geboue in New York begin huur waar Father Divine mense kon toespreek. Gou het hy verskeie afsprake per aand gehad. Op 20 Desember het hy 'n geraamde 10 000 mense toegespreek in Harlem se groot voormalige basketbalvenue, Manhattan Casino, wat later herdoop is tot Rockland Palace.
Teen Mei 1932 is byeenkomste gereeld gehou in die Rockland Palace en regdeur die deelstate New York en New Jersey. Father Divine het ondersteuners in Washington, Kalifornië en die hele wêreld gehad danksy aanhangers van New Thought soos Eugene Del Mar, 'n voormalige joernalis van Harlem, en Henry Joerns, die uitgewer van 'n New Thought-tydskrif in Seattle. Hoewel die beweging oorwegend swart was, was volgelinge buite Noordoos-Amerika meestal wit mense uit die middelklas.
In dié tyd van groei is verskeie takkommunes in New York en New Jersey gestig. Father Divine se volgelinge het ook eindelik die beweging 'n naam gegee: die Internasionale Vredesendingbeweging.
Father Divine se verhoor was op 24 Mei 1932. Dit is op versoek van sy advokaat buite die Suffolk-distrik gehou sodat die jurie nie partydig sou wees nie. Regter Lewis J. Smith het die jurie opdrag gegee om die getuienis te ignoreer van mense wat nie op die nag van die klopjag teenwoordig was nie. Dit het die grootste deel van die getuienis in Father Divine se guns ontoelaatbaar gemaak en die verdediging lamgelê."
Die jurie het hom op 5 Junie skuldig bevind, maar namens Father Divine vir versagting gevra. Regter Smith het die jurie se versoek geïgnoreer en vir Father Divine gepreek omdat hy 'n bedrieër en "bedreiging vir die gemeenskap" is voordat hy hom die swaarste straf vir rusverstoring opgelê het: 'n jaar tronkstraf en 'n boete van $500.